Trou in die Ntwana Gemeenskap

ʼn Groeps Besorgdheid

©Dr Peter Magubane

Huwelike tussen die Ntwana is nie net 'n individuele verhouding nie maar ook n wettiging van die verhouding tussen familielede in belangstelling van die hele groep.

Dit verleen ook volwasse status aan die bruid en bruidegom. Hoewel daar geen verwantskap van huwelike taboes onder die Ntwana is nie, het huwelike tussen neefs en niggies steeds die voorkeur. Die troue (lenyalo) vind oor twee dae plaas, eers by die huis van die bruid se ouers en daarna by die bruidegom se familie se huis.

Ten spyte van die feit dat baie Ntwana Christene is, word huwelike uitgevoer volgens die Ntwana gebruike. Die bruidegom dra 'n pak klere wat versier is met 'n voorskoot wat gemaak is van diervel. In teenstelling hiermee dra die bruid 'n ten volle tradisionele bruids uitrusting, wat 'n veer bo haar kop of 'n kralewerk band wat sy om haar kop dra wat gewoonlik die rooi, blou of wit kleure insluit.

Bykomend tot 'n voorskoot wat sy voor dra sowel as'n voorskoot wat sy aan die agterkant dra, dra sy ook 'n kombers wat sy om haar skouers moet hou as sy by haar skoonma se woning ingaan. Dit dui daarop dat die Ntwana bruid bewus moet wees van haar status as 'n vreemdeling, totdat haar skoonma 'n ritueel uitvoer wat haar welkom sal laat voel as die nuutste toevoeging tot die gesin.

Terwyl die Ntwana bruid in die teorie haar man se status deel word sy net in werklikheid beskou as 'n volwassene met die geboorte van haar eerste kind sodra haar vrugbaarheid bewys is. Dit is slegs dan dat sy op 'n daaglikse basis die tradisionele verskeidenheid van toebehore van Ntwana vroue kan dra soos bv. die versierde voor en agter voorskote.

Translated by Wilma Koeppen