Tradisionele Oortuigings van die Ntwana

Simboliese Oortuigings

©Dr Peter Magubane

Vir die Ntwana is reën nie net die fisiese bron van herlewing nie. Dit is ook die simbool van geestelike vrugbaarheid en 'n teken dat die natuur en die samelewing in harmonie is. Reën rituele jaarliks ​​gehou om die gladde voortsetting van die kosmiese orde te verseker. Voor hierdie gebeurtenis word die reën uitgeroep deur die simbool van die weerlig voël (Tladi).

Daar word wyd geglo dat dit 'n Kaapse visarend is en hierdie voël is onderskeibaar deur sy rooi, wit en swart vere. Daar word geglo dat die weerlig voël vasgevang is binne 'n voorwerp, die lehadima ('n bees horing wat versier is met 'n voël met rooi, wit en swart konsentriese sirkels).

Die lehadima word op groot skaal deur manlike en vroulike waarsêers (ngaka of mapale) gebruik om die reën aan te roep wat die vrugbare herlewing van beide die land en die gemeenskap sal verseker.

Die Ntwana het teenstrydige houdings teenoor simbole van vrugbaarheid. Die rooi kleur word byvoorbeeld beskou as 'n teken van vrugbaarheid en van gevaar. Weerlig word beskou as die voorloper van reën, alhoewel die Ntwana ook glo dat die weerlig vasgevang is deur hekse en misplaas word om natuurlike vrugbare lewe te ondermyn.

Net so word vroue wat verantwoordelik is vir die vrugbaarheid van beide die land en baarmoeder, ook beskou as 'n potensiële bedreiging vir die welvaart van die gemeenskap. Hierdie ambivalensie word uitgelig deur die verhouding tussen vroue en beeste. Albei word geïdentifiseer met mekaar en staan ​​in opposisie teenoor mekaar.

Albei is simbole van vrugbaarheid en beide verteenwoordig 'n bedreiging vir mekaar se voortplantings magte. Vroue wat menstueer word byvoorbeeld verbied om by die beeste se hokke te kom. Die rede hiervoor is dat indien onvrugbare vroue by die hok ingaan 'n identiese toestand die beeste sal oorkom. Vroue word slegs as veilig beskou net na die menopouse wanneer hulle al hul heupbande met kralewerk weggooi, behalwe vir die laagste pienk band. As die pienk kleur verteenwoordigend is met 'n kombinasie van rooi en wit, dui die kleur op seksuele en by implikasie mistieke neutraliteit.

Dit dui daarop dat die Ntwana 'n baie ingewikkelde en dikwels ambivalente verhouding tussen spesifieke kleure, voorwerpe en die elemente wat noodsaaklik is vir hul oorlewing in beide mistieke en fisiese terreine opbou. Kleure word geassosieer met periodes van hitte en koelte, suiwerheid en gevaar, wat die Ntwana voorsien met 'n simboliese taal wat help om sin te maak van 'n wêreld wat dikwels beskou word as onverstaanbaar, vyandig en in 'n konstante toestand van verandering

Translated by Wilma Koeppen