Tradisionele Medisyne en Towerkuns in die Zulu Gemeenskap

Kruiedokters en Waarsêers

©Dr Peter Magubane

Tradisionele medisyne in die Zulu samelewing het hul oorsprong in die newels van die antieke tydperk en hul gebruike en toepassing het min met die verloop van die tyd verander. Die Zulu maak 'n onderskeid tussen die kruiedokter (inyanga yokwelapha), wie se taak dit tot vandag toe nog is om medisyne wat van plante en diere gemaak is te administreer.

Die waarsêer (inyanga yokubhula) se taak is om klagtes deur waarsêery te ontleed deur die gebruik van bene, skulpe, sade en ander artefakte. Die waarsêer hou hierdie items in 'n spesiale houer wat hy of sy op 'n mat uitgooi, baie soos die gooi van dobbelstene. Die manier waarop hulle land stel die waarsêer in staat om die kliënt se probleme waar te neem.

Daar is twee ander kategorieë van waarsêers: die isangoma is 'n medium wat kontak met die voorvadergeeste kan maak en medisyne kan voorskryf volgens die voorvadergeeste se voorskrifte, wat dan verkry word van die inyanga yokubhula; die isanusi is 'n waarsêer wat in staat is om towenaars en ander kwaaddoeners uit te wis.

Isangoma

©Dr Peter Magubane

Die inyanga (meervoud izinyanga) en isangoma verkry hul kennis en vaardighede oor 'n lang vakleerlingskap wat in ʼn tradisionele samelewing so lank as 20 jaar kan strek. Mans en vroue wat in tradisionele medisyne praktiseer het 'n baie hoë status in die gemeenskap, dikwels tweede net na die hoof. In die moderne stedelike samelewing word hierdie status grootliks in rykdom verhaal. Die meeste izinyanga in stedelike gebiede het winkels waar hulle spreekkamers het waarvandaan hulle medisyne uitgee en verkoop.

Translated by Wilma Koeppen