Touriga Nacional

© Vititec

Naam

Touriga Nacional

Beskrywing

Touriga Nacional is ’n rooi druifvariëteit wat meestal gebruik word as ’n versnitwyn vir port, maar meer onlangs vir die produksie van ’n droë rooiwyn. Die oorsprong is onbekend.

Oorsprong

Dit word algemeen aanvaar dat Touriga Nacional van noord Portugal afkom, maar vanwaar presies is nie duidelik nie. Die Douro Vallei beweer dat hierdie druif sy oorsprong het in die dorp Touriga, wat in die vallei geleë is, maar Dão beweer dit kom van daar.

DNA analise is sover ten gunste van Dão omdat dit ’n groter kloon en variëteit diversiteit het as Douro. Volgens hierdie resultate blyk dit dat die variëteit eers in die 18de eeu in Douro aangeplant is. Touriga Nacional is nie die mees algemeenste druif in Portugal nie, maar dit is beslis die beste kwaliteit.

Ander Name

Hierdie variëteit het verskeie sinonieme naamlik Touriga, Touringa, Mortágua, Turiga en Bical Tinto.

Produksie in Suid-Afrika

Overgaauw Wines, naby Stellenbosch, was die eerste wat Touriga Nacional aan die einde van die 1970’s in Suid Afrika aangeplant het. Dit was klaarblyklik om kompleksiteit tot hulle oesjaar portwyne by te voeg. Hulle was ook die eerste om in 1992 ’n enkel variëteit port van die Touriga Nacional druiwe te produseer.

De Krans naby Calitzdorp in die Klein Karoo het hierdie variëteit in 1984 begin aanplant. In 2000 was hulle die eerste wynmakers in die land om ’n enkel variëteitswyn van die Touriga Nacional druif te produseer.

Produksie Streke

Produksie is steeds baie beperk in Suid Afrika, met ongeveer 100 hektaar Touriga Nacional in 2016. Meer as die helfte van hierdie aanplantings is in die Swartland en Klein Karoo.

Groei

Hierdie variëteit is ’n sterk groeier, maar het ’n lae opbrengs potensiaal van 8 – 10 ton per hektaar.

Oestyd

Die druiwe word laat mid-seisoen ryp, vanaf die middel van Maart.

Druiwekorrels

Touriga Nacional het klein, ovale korrels met ’n dik, swart dop. Die vleis is sappig met ’n prominente vrugte smaak.

Blare

Die variëteit het ligte groen, mediumgrootte blare en is heel tot vyflobbig.

Siektes en Plae

Touriga Nacional is vatbaar vir witroes.

Gebruik

In Suid-Afrika word dit gebruik om ’n enkel variëteitswyn, versnitwyn of gefortifiseerde wyn soos port te maak. Ander Portugese variëteite soos Verdelho, Souzão, Tinta Barocca en Tempranillo word saam in die versnitwyne gebruik.

Smaak

Touriga Nacional het ’n swart kersie, moerbei, viooltjie, roos of donker sjokolade smaak.Translated by Ananda Schoeman