Die Toediening van Ondkruiddoder

© Louise Brodie

Vir die beste resultate moet onkruiddoders toegedien word volgens die instruksies. Produkte met dieselfde metode van werking moet geroteer word om die ontwikkeling van weerstand teen onkruiddoders te voorkom. Onkruiddoders kan óf toegepas word op onkruid wat nog nie ontkiem het nie en vooropkoms onkruiddoders genoem word, of op onkruid wat reeds ontkiem het (na-opkoms onkruiddoders) om dit te vernietig.

Vooropkoms Onkruiddoder Toediening

Die tydsberekening van vooropkoms onkruiddoder programme is afhanklik van die tipe bewerking wat gebruik word. Op plase waar konvensionele bewerking gebruik word, moet onkruiddoders gou toegepas word nadat die land bewerk is sodat onkruid nie 'n kans het om te ontkiem nie. Dit is volgens Gavin Matthews se aanbeveling in sy artikel ‘Vooropkoms onkruiddoders bly belangrik', wat gepubliseer is in 'n uitgawe van Graan SA se Pula Imvula tydskrif.

As die land geen of minimum-bewerking ontvang, kan 'n ‘brand af 'onkruiddoder toegepas word op alle onkruide wat uitkom, gevolg deur 'n vooropkoms onkruiddoder wat sal keer dat geen meer onkruid ontkiem nie. Wanneer konvensionele bewerking of minimum-bewerking gebruik word, moet onkruiddoders tydens klam klimaatstoestande toegepas word sodat die chemikalieë in die grond in kan trek om die saad van die onkruid te vernietig.

Na-opkoms Onkruiddoder Toediening

Na-opkoms onkruiddoders is kontak onkruiddoders, wat beteken dat hulle deur die blare van die onkruid geabsorbeer moet word om die plant te vernietig. In Gavin Matthews se artikel 'Hou die vyand op 'n afstand', wat verskyn het in die Pula/Imvula tydskrif van Graan SA, het hy die volgende wenke vir optimale gebruik gelys:

In die eerste plek moet die onkruiddoder toegepas word op 'n windstil dag om spuitstofwegdrywing te keer wat kan lei tot swak kontak tussen die onkruiddoder en onkruid.

In teenstelling met vooropkoms onkruiddoders wat gedurende vogtige toestande toegepas word, moet na-opkoms chemikalieë toegepas moet word op sonnige dae, wanneer onkruid aktief groei, vir 'n goeie chemiese absorbsie. Sodra die onkruid opgehou groei het, sal die onkruiddoder min of geen impak meer hê nie.

Derdens moet die chemikalieë gebruik word met die regte water rantsoen en druppelgrootte. Oor die algemeen sal sowat 150 liter water per hektaar gebruik word in 'n fyn mis sproei om beter chemiese dekking van die plant te kry. Die water rantsoen en druppelgrootte sal egter afhang van die produk, so vra jou chemiese verskaffer vir toepaslike advies.

In die vierde plek moet die onkruiddoder teen 'n konstante spoed aangewend word om meer toevoeging en vermorsing in gebiede te vermy waar die spoed van die trekker wat die onkruiddoder spuit te stadig of te vinnig is. Die bespuiting moet korrek gekalibreer word volgens die spoed van die trekker, wat sal afhang van die topografie van die plaas. Tien kilometer per uur is 'n goeie spoed om mee te werk en dit sal help om kalibrasie berekeninge te vergemaklik.

Bymiddels soos plakkers gebruik word om die doeltreffendheid van die onkruiddoder te verbeter. Plakkers kan toelaat dat die onkruiddoder beter vashou aan die blare van die onkruid en ook verligting bring vir die negatiewe impak van reën wat na die toediening val. Chemiese verskaffers moet geraadpleeg word of 'n toevoeging van plakkers nodig is en wat se plakkers om te gebruik saam met die ooreenstemmende onkruiddoders.

Laastens moet boere seker maak dat hulle gebruik maak van die regte onkruiddoder. Dit beteken dat die onkruiddoder wat die geteikende onkruid sal vernietig moet geen negatiewe invloed op ander gewasproduksies hê nie. 

Translated by Wilma Koeppen