Tipes Weidingspeulplante

© Gary D Robson

Peulgewasse kan verdeel word in warm-seisoen en koel-seisoen peulplante, afhangende van die seisoen wanneer hulle die beste groei. Die keuse van die regte weiding vir die peulplant en die klimaat wat die plaas pas waterpotensiaal en grondtipe is noodsaaklik. Die end gebruik van die peulplant moet ook in ag geneem word wanneer die weiveld geplant word byvoorbeeld sal dit gebruik word vir weiding, hooi of kuilvoer?

Peulgewasse Weiding In Suid-Afrika

Beide die sojabone en akkerbome, met 24% proteïene afhangende van die groei stadium, is warm-seisoen jaarlikse peulplante van 'n hoë gehalte, en kan maklik gebruik word in 'n somer voer weiding stelsel. Akkerbone (cowpeas) kan 14-24% proteïene bevat afhangende van die groei stadium.

Lusern is 'n koel-seisoen peulplant wat groei in die somer met 'n proteïeninhoud van 16-18%. Lusernweidings word wyd geplant, maar meestal gebruik vir hooiproduksie alhoewel dit al hoe meer belangrik is as 'n droëland peulgewasweiding in sommige dele van Suid-Afrika.

Ander gewilde peulplante vir weiding is jaarlikse Medicago ('n genus van kruie wat soos klawer lyk), 'n klawer spesies in die Wes-Kaap, en wit en rooi klawer in 'n hoë potensiale gebiede wat onder intensiewe besproeiing is.

Bestuur Van Peulgewasse As Weiding

©Commonwealth Scientific and Industrial Research Organisation (CSIRO)

Weidingspeulplante vereis bestuur. Organiseer vee in die eerste jaar na plant van weiding om weiding te beperk totdat dit begin om saad te skiet, en laat net ligte weiding toe een of twee keer in die eerste somer/herfs. 

Wanneer vee  opblaas van weiding is die oorsaak die vreet van voer wat bestaan ​​uit meer as 50% peulplante, veral wit klawer en lusern of wanneer vee in nat weivelde wei. Berseemklawer is 'n lae risiko oorsaak van vee wat opblaas. Verhoog  droëmateriaal inname en verskaf 'n anti-opblaas leksel. 

Weidingspeulplante is mees produktief vir 3-5 jaar, en daarna kan daar 'n afwaartse neiging wees wanneer plant-beskikbare stikstof nie meer in die grond beskikbaar is nie. Bevrugting kan die afwaartse neiging beperk. Fosfaat, kalium en die grond pH balans is belangrik vir peulgewasse. 

Let wel: Inligting is slegs vir opvoedkundige en inligting doeleindes en mag nie beskou word as die plant, voeding of voedingswaarde advies nie. Vir meer inligting oor die voeding van jou diere of plant weivelde kontak jou dieregesondheidstegnikus of saadverskaffer.

Translated by Wilma Koeppen