Tinta Barocca

© Glenneis Kriel

Naam

Tinta Barocca

Beskrywing

Tinta Barocca is ’n rooi wyndruif variëteit wat gebruik word vir die produksie van gefortifiseerde port of droë rooiwyne. Dit is ontwikkel van ’n kruising tussen Marufo en Touriga Naçional.

Oorsprong

Tinta Barocca kom van die Douro Vallei in Noord-Portugal waar die eerste saad in 1899 geplant is.

Ander Name

Dit is ook bekend as Baroccas, Boca de Mina, Tinta das Barrocas, Tinta Gorda, Tinta Grossa en Tinta Vigaria.

Produksie in Suid Afrika

Tinta Barocca is in die laat 1920’s vanaf Portugal ingevoer. Aanvanklik het die wynboere dit verwar met Shiraz, maar later is dit gebruik vir die produksie van wêreldklas port-styl wyne. Die afname in die aanvraag vir Port het die Suid-Afrikaanse wynboere laat besluit om premium kwaliteit versnitwyne asook enkel variëteitswyn te produseer.

Suid Afrika het ’n lang geskiedenis van Port produksie, maar mag sedert Januarie 2012 na die teken van ’n landbou ooreenkoms met die Europese Unie, nie die Port etiket gebruik nie. Suid Afrikaanse Port word dus gebottel met die voorvoegsel ‘Kaapse’ en dan gevolg deur die toepaslike styl.

Volgens die Kaapse Port Produsente Vereniging word die ‘Kaapse wit’ etiket gebruik vir gefortifiseerde wyne wat gemaak word van nie-muskadel variëteite soos Chardonnay, Chenin Blanc of Verdelho. Die ‘Kaapse pienk’ etiket word gereserveer vir gefortifiseerde rosé variëteite met ’n pienk skynsel. Beide hierdie style moet vir ten minste 6 maande verouder word om te kwalifiseer vir hierdie benaming. Die ‘Kaapse robyn’ etiket word gebruik vir ’n versnitwyn van jong, volronde en vrugtige gefortifiseerde wyne.

Dit verskil van die ‘Kaapse tanig’ wyne omdat ten minste die helfte van die wyn wat gebruik word om dit te produseer vir 6 maande en nie langer as drie jaar nie verouder moet word. Daarteenoor moet ten minste 80% van die wyn wat gebruik word om ’n Kaapse tanige versnitwyn te maak vir 6 jaar of langer verouder word.

Die ‘Kaapse dateerde’ en ‘Kaapse oesjaar tanig’ etikette se versnitwyne moet ook vir ten minste 6 jaar verouder word, maar dit moet ook van ’n spesifieke oesjaar kom, met ander woorde ’n enkele oesjaar.

Die ‘Kaapse laat gebottelde oesjaar’ etiket word gebruik vir wyne wat vir ten minste 3 jaar in ’n bottel of eikevat verouder is met ’n minimum van 2 jaar veroudering in ’n eikevat. Ten minste 85% van die wyne moet ook van ’n enkele oesjaar kom.

Die ‘Kaapse oesjaar’ etiket word gebruik vir donker wyne wat van ’n enkele oesjaar kom en vir ten minste ’n jaar verouder is. Die ‘Kaapse reserwe oesjaar’ etiket word gebruik vir produsente se superieure Kaapse oesjaar wyne.

Produksie Streke

Die area onder Tinta Barocca produksie in Suid Afrika het met meer as die helfte sedert die 1980’s afgeneem omdat die aanvraag na port nie meer so groot is nie. Daar word ’n paar hektaar in die meeste wynstreke gevind, maar die grootste wingerde is in die Swartland, Klein-Karoo en Stellenbosch. Hierdie areas het meer as driekwart van die Tinta Barocca wingerde in die land.

Groei

Tinta Barocca is ’n sterk groeier met ’n kruipende aard en ’n hoë opbrengs potensiaal van 16 – 20 ton per hektaar.

Oestyd

Die korrels word mid-seisoen ryp, gewoonlik middel Maart.

Druiwekorrels

Tinta Barocca korrels is mediumgroot, kort ovaal en swart. Die doppe is dun maar taai en die vleis is effens ferm en waterig.

Blare

©Glenneis Kriel
Die groot ligte groen blare is rond en heel tot drielobbig.

Siektes en Plae

Tinta Barocca is vatbaar vir oïdium (witroes) en donsskimmel.

Gebruik

Hierdie variëteit word gebruik om ’n port-styl wyn en droë rooiwyne van te maak.

Smaak

Tinta Barocca wyne wissel in kleur van donkerrooi tot amper swart en het intense bessie en vrugte geure.Translated by Ananda Schoeman