Tilefish
Teëlvis

© Johan Boshoff

Algemene familienaam

Teëlvis

Wetenskaplike naam

Malacanthidae

Grootte

Tot 125 cm, gemiddeld 18 cm.

Identifikasie

Sigaarvormige liggaam, word geleidelik dunner na die stert toe. Klein geronde koppe. Aaneenlopende rugvin. Steekpen op die kiefdeksel. Stertvinne is stomp of gevurk in sekere spesies. Anale vin het twee penne. Skakerings van geel, bruin en grys is dominant.

Algemene Inligting

Die Malacanthidae familie bestaan uit 5 genera en 42 spesies. Leef in die sand in self-gemaakte tonnels, of in koraalrommel. Baie goeie sig. Sommige kan van kleur verander om vyande te ontkom. Leef alleen of in klein groepies. Pelagiese kuitvisse.

Voeding

Leef van soöplankton, klein skaaldiertjies, wurms en ongewerweldes.

Verspreiding

Kom voor in alle gematigde en tropiese oseane van die wêreld.

Algemene Spesies

Red-stripe tilefish - Hoplolatilus marcosi
Sand tilefish - Malacanthus latovittatus
Stripetail tilefish - Malacanthus brevirostris