Thick-Tailed Bushbaby
Dikstert Nagapie

© Roger De la Harpe

Voorkoms

Die Dikstert Nagapie is die grootste galago-spesie. Kop- en lyflengte wissel van 297 tot 373 mm, en stertlengte, van 415 tot 473 mm. Liggaamsgrootte is seksueel dimorfies met mannetjies wat aansienlik groter is as wyfies.

Die kleur van die pels is silwerbruin tot grys met die onderkant gewoonlik ligter in kleur. Die pels is dig, wollerig, baie lank, golwend, en dof. Hulle rol dikwels hul ore en maak snaakse geluide. Die oë sit vorentoe en is groot. Soos met die meeste galago spesies, is daar plat skywe van verdikte vel aan die punte van die vingers en tone wat nuttig is om takke te gryp. Die vingers is lank, en die tone is plat met afgeplatte naels.

Dieet

Dikstert Nagapies is baie gulsig. Hulle is vrug- en boomgometers alhoewel hulle ook insekte eet. In 'n studie in Suid-Afrika was ongeveer 62% van hul dieet boomgom, aangevul met vrugte en insekte. Dikstert Nagapies wissel van ligging.

In Gauteng, Suid-Afrika, is insekte beraam om slegs 5% van die dieet te vorm, terwyl insekte in Kenia 50-70% van die dieet kan uitmaak. Een insek wat as 'n seisoenale voedselvoorraad kan dien, is die groot termiet, Macrotermes falcigar. Wanneer hierdie termiete in die algehele (gevleuelde) vorm is, word dikstert nagapies waargeneem om hulle van die grond af te eet sonder om die hande te gebruik. Oor die algemeen sluit hulle dieet in: insekte, vrugte, blare, blomme, akkedisse, eiers en voëls.

Voortplanting

Die geboorteseisoen van die dikstert nagapie wissel volgens omgewing. Dit is beperk tot November in Gauteng en vind plaas in Augustus en September in Zambië. Dragtigheid piek in Augustus in Zanzibar en Pemba. Die wyfie se bronstigheid duur ongeveer 44 dae. Dragtigheid is 133 dae.

Werpsel groote is gewoonlik 2 individue, maar kan 3 wees. Wyfies bereik seksuele volwassenheid teen 2 jaar. Na die geboorte sal die wyfies hul kleintjies in die boom verlaat terwyl hulle kos gaan soek. Hulle produseer 'n ryk energiebelaaide melk, veral in vergelyking met antropoïde primate. Dit kan verband hou met hul lewenstyl, aangesien antropoïde primate hul kleintjies tydens laktasie dra en hierdie galago spesies nie. Hierdie spesise gee een keer per jaar geboorte, wanneer plantegroei dig is. Alhoewel in gevangenskap, word gerapporteer dat hierdie spesies deurlopend bronstig raak en dus die hele jaar geboorte kan gee en daarom nie 'n geboorteseisoen het nie. Die neste word gemaak in die digte plantegroei. Een kleintjie word op 'n slag vir hierdie spesies gebore, met tweelinge wat skaars is. Kleintjies word gespeen aan die begin van die droogste seisoen. Babas word onafhanklik van hul moeders tussen die vierde en vyfde weke van hul lewens. Beide geslagte bereik volwassenheid op ongeveer 20 maande.

Gedrag

Dit is die mees sosiale van alle bekende nagapies. Hierdie sort beweeg op al vier pote deur die bos en woud. Wanneer hierdie spesies spring, land hulle eers op die agterste ledemate. As hulle op die grond moet beweeg of in oop ruimtes tussen die boomtoppe, sal hierdie spesies hop. Hulle is gedurende die somer vir twaalf uur per dag aktief en 'n gemiddelde van nege en 'n half uur per dag gedurende die winter. Dit is 'n naglewende spesies, met beide geslagte wat vanuit hul geboortegebied wegbeweeg. Mannetjies sal verder versprei en op 'n jonger ouderdom as die wyfies, daarom sal die mannetjies in 'n gegewe bevolking meer wees as die wyfies. Mannetjies mag verder versprei as wyfies om die komplikasies van inteling te verminder. Mannetjies en wyfies het areas wat nie oorvleuel met individue van dieselfde ouderdom nie, maar deel areas met jonger of ouer individue.

Mannetjies het tuisrareas wat met die van een of meer wyfies oorvleuel. Hierdie spesies het 'n losbandige paringstelsel. Die dikstert nagapie het 'n sosiale netwerk sonder die struktuur van 'n groep wat voedsel insamel. Wyfies is dominant in hierdie spesies. Volwasse mannetjies is meer geneig om volwasse wyfies na te volg in gevangenskap as andersom. Wyfies wat ook in gevangenskap was, het aggressief teenoor mannetjies opgetree. Die sosiale spel by dikstert nagapies bestaan ​​uit oordrewe stap, jaag, sterttrek, stoei, nie-aggressiewe byt en stamp. By kleintjies word hierdie toneelpatrone reeds aangetref van die eerste dag af. Kleintjies speel nog meer as hulle tydens die vierde en vyfde weke van hul lewe onafhanklikheid van hul moeders ontwikkel.

Hulle slaap in neste wat 5-12 meter van die grond af is. Dikstert nagapies slaap gedurende die dag saam, maar snags verdeel hulle om te kos te soek. Daar is gevind dat hulle deur die nag tot 1 kilometer beweeg. Hulle woon in klein groepies van 2-6 individue. Die samestelling van hierdie groepe wissel. Dit kan 'n volwasse paar wees met kleintjies, twee volwasse wyfies met kleintjies, of een volwasse wyfie met kleintjies. Die volwasse mannetjies is territoriaal en hulle soek tuisareas wat met verskeie vroulike tuisareas oorvleuel. Dikstert nagapies urineer op hul hande en smeer dit ook op hul voetsole. As hulle loop, laat hulle 'n bietjie urine op die grond. Mannetjies was meer gereeld met urine as wyfies, en wanneer die wyfies bronstig is, urineeer die mannetjies direk op die wyfie maar alle ouderdomsgroepe voer hierdie gedrag uit. 'n Dikstert nagapie sal ook urineer wanneer hy in 'n nuwe gebied besig is om 'n vreemde voorwerp te ondersoek, tydens aggressiewe ontmoetings en sosiale versorging. Hierdie gedrag kom meer dikwels voor by dominante individue.

Waar Hulle Gevind Word

Dikstert nagapies word aangetref in Somalië, Kenia, Tanzanië en op die eilande van Zanzibar. Hierdie spesies woon in hooglande en kuswoude. Hierdie spesies woon ook in rivierwoude. Die dikstert-galago, of nagapie, word in Oos-Afrika aangetref vanaf suidelike Soedan na oostelike Suid-Afrika en suidelike Angola. Voor 1974 is slegs ses spesies erken, maar teen 1995 het navorsing getoon dat daar in werklikheid 17 spesies erken word in Afrika. Aangesien meer van Afrika se woude wetenskaplik verken word en soos wetenskaplike tegnologie verbeter, sal die ontdekking van meer nuwe spesies waarskynlik voortduur.