Terme Gebruik In Bokboerdery

© Valley Vet supply

A
Abomasum: Die vierde of ware verterende gedeelte van ‘n herkouer se maag wat maagsappe en ensieme bevat wat die afbreek van komplekse materiale begin.
Abortifacients: ‘n Farmaseutiese middel of ander agent wat gebruik word om ‘n aborsie te veroorsaak. Ander agente kan beskou word as toksienes of gifstowwe afkomstig van plante, bome, ens.
Abortion: Afdrywing van die fetus (of fetusse)voor die normale einde van ‘n swangerskap.
Acidosis: ‘n Toestand waarin die rumen te suur word. Gewoonlik weens ooreet aan graan.
ADF: Acid Detergent Fiber. ‘n Aanduiding van die relatiewe verteerbaarheid van voer.
Aflatoxin: Toksiene geproduseer deur die fungi Aspergillus flavus en Aspergillus parasiticus.
Afterbirth: Die fetale membrane wat die fetus vasheg aan die membrane van die dragtige vroulike dier wat normaalweg binne 3 tot 6 uur na geboorte deur die vroulike dier uitgeskei word.
AI: Artificial Insemination. Die tegniek waardeur vroulike diere dragtig gemaak word sonder die teenwoordigheid van manlike diere.
Ante-mortem: Voor dood.
Anthelmintic: ‘n Mengsel wat interne parasiete soos wurms uitdryf of doodmaak.
Antibiotic: Chemiese samestellings van lewende selle wat groei inhibeer of mikroörganismes doodmaak.
Artificial Rearing: Die gootmaak van boklammers op melk of melkvervanger
Atrophy: Selle, organe of ‘n hele liggaam wat wegkwyn of kleiner raak weens onbruik, siekte of erge wanvoeding.
B
Banding: Dit behels die gebruik van kastreerringetjies (rekkies) om testikels te verwyder.
Billy: ‘n Bokram, dikwels gebruik vir ‘n ouer, volwasse manlike bok wat nie gekastreer is nie.
Body Condition Score: ‘n Waarde tussen 1 tot 5 (maer tot vet) wat gebruik word om die kondisie van ‘n dier te skat.
Bolus: ‘n Groot ovaalvormige pil wat antibiotikum bevat.
Bots: Klein larwes wat in neusgange inkruip.
Breeding Season: Die tydperk waartydens die ooi op hitte is.
Brood Doe: ‘n Teelooi wat aangehou word met die doel om ‘n gesogte bloedlyn en genetika in haar nasate voort te laat leef.
Browse: Breëblaar houtagtige plant, struik of bos.
Browsing: Bokke wat van een plek na die volgende beweeg soos hulle ‘n verskeidenheid blare vreet.
Brucellosis: Infeksie deur die Brucella groep wat dikwels aborsies in diere veroorsaak en op-en afgaande koors in mense veroorsaak. Ook genoem Golwende koors, Maltakoors, of Mediterreense koors.
Buck: Manlike bok.
Buckling: Manlike boklam.
Burdizzo: ‘n Instrument wat gebruik word om bokramme te kastreer deur die koord af te sny sonder om die vel van die skrotum stukkend te maak.
Butting: Manier van baklei tussen bokke (veral ramme) deur met die koppe en horings teen mekaar te stamp.
C
CAE: Caprine Arthritic Encephalitis, ‘n Bokvirus soortgelyk aan VIGS in mense.
Calcium to Phosphorus Ratio: Relatiewe hoeveelhede kalsium en fosfor in die totale rantsoen, gewoonlik aanbeveel om ten minste 2:1 te wees.
Chevon: Bokvleis.
CC: Cubic centimeter, dieselfde as ml. 3cc – 3ml = dieselfde ding in inspuitings.
Chlamydia: Klein organismes geassosieer met longontsteking, aborsie, diarree, konjunktivitis, artritis en enkefalitis.
Chlamydiosis: Soort aansteeklike aborsie.
CL: Caseous Lymphadenitis, ‘n absessiekte van bokke wat hoogs aansteeklik is.
Cloning: Die produksie van gene of individue wat geneties dieselfde is as die skenker.
Clostridial Organisms: Anaerobiese bakterieë wat spore onder sekere toestande voortbring.
Cocci: ‘n Oxycyt wat die voering van die dunderm verwoes en diarree en dood veroorsaak (ook bekend as kokkus)
Coccidiosis: ‘n oxycyt wat die voering van die dunderm verwoes en diarree veroorsaak. (ook bekend as koksidiose)
Colostrum: Die eerste melk, vol teenliggaampies, vir die lammers, noodsaaklik om te lewe
Corpus luteum: ‘n Endokriene klier wat in die eierstok ontwikkel deur die herorganisasie van ‘n Graafse follikel na ovulasie. Ook die naam van die ekstrak van hierdie klier van ‘n vark of ‘n koei, waarvan die hoofbestanddeel progesteroon is. Meervoud: corpora lutea.
Corticosteroids: Enige van ‘n klas steroïede, soos aldsoteroïede, hidrokortisoon, of kortisoon, wat in die natuur voorkom as ‘n produk van die adrenale korteks, of gesintetiseer word.
Creep: ‘n Kampie waarte jong/klein diere toegang het maar die groter diere nie. Enige voerders in hierdie area of in geboortekratte wat slegs toeganklik is vir jong diere word kruipvoerders genoem.
Critical Temperature: Maksimum of minimum temperatuur wat deur diere verdra sal word voordat bykomende energie uit voeding nodig word om normale liggaamstemperatuur in stand te hou.
Crossbred: Die nageslag van ‘n ram en ooi uit verskillende rasse.
Crossbreeding: Paringsplan wat twee of meer rasse behels.
Cryptosporidiosis: ‘n Organisme wat vermenigvuldig in die dunderm.
Culling: Die proses waardeur diere wat onder standaard produseer, of ongewens of ongesond is, verwyder word.
Culls: Bokke wat onder ‘n gewenste standaard is.
Custom Feeding: Die gebruik om vee teen vergoeding by ‘n ander fasiliteit te laat voer en bestuur vir die vee-eienaar.
Cut: Om te kastreer.
Cysticercosis: Die toestand waarin die larwe van ‘n lintwurm homself ingebed het in die weefsel van die gasheer.
D
Dehydrate: Die verlies van liggaamsvog deur koors, ‘n virus of hitte.
Disbudding: Die verwydering van die horings van ‘n bok.
Doe: Vroulike bok.
Doeling: Vroulike boklam.
Drenching: Die orale toediening van medisyne.
Drylot: ‘n Omheinde area met of sonder skuiling waarin die trop vir ‘n uitgebreide tydperk gehou kan word.
Dry Matter (DM): Die gedeelte van die voer wat nie water insluit nie.
E
Elastrator: Instrument gebruik om dik rubberrekkies (kastreerringe/rekkies) om die stert of skrotum te plaas om die stert af te sit of vir kastrasie.
Embryo Transfer: Bevrugte eiers vanaf ‘n skenkerooi word oorgeplaas in die uterus van ‘n ontvangerooi, gewoonlik deur die uterus van die ontvanger chirurgies te ontbloot.
Emaciation: Om fisies weg te kwyn/uit te teer
Encephalitis: Inflammasie van die brein, gewoonlk gepaard met ernstige tekens soos koors, konvulsies en verlies aan koördinasie.
Enteritis: Inflammasie van die dermkanaal.
Enterotoxemia: Oorspronklik verkeerdelik genoem “overeaters”, is ‘n toksiene in alle gesonde bokke wat vermeerder weens ‘n stressor en maagkrampe en die dood kan veroorsaak.
Enterotoxemia Type C: Siektetoestand wat boklammers in die eerste twee weke affekteer en veroorsaak bloederige infeksie van die dunderm en vinnige dood.
Enterotoxemia Type C and D Toxoid: Entstof vir jong bokkies sodat hulle teenliggame kan opbou teen Enterotoksemie C en D. Dit word ook gekombineer met tetanus inenting.
Enterotoxemia Type D: Siektetoestand wat oningeënte bokke op hoë energiediëte aanval
Entropin: ‘n Ooreflike karaktertrek waarvolgens die onderste ooglid ingedraai is sodat die ooghare van die onderste ooglid teen die oog krap.
Estrogen: Hormoon wat agteruitgang van die korpus luteum veroorsaak en veroorsaak dat die ooi op hitte kom.
Estrous Cycle: Die tydperk vanaf die begin van een estrus tot die begin van die volgende. Gewoonlik ongeveer 16-17 dae.
Estrus: Die tydperk waartydens die vroulike dier ontvanklik is vir die manlike dier. Gewoonlik 24-36 uur, oor bekend as “op hitte”.
External Parasite: Parasiete wat mag voorkom op die hare, vel en in die nasale- en oorkanale.
F
Fecundity: Die doeltreffendheid van ‘n individu in die produksie van kleintjies. Diere wat gereeld en dikwels kleintjies kry en ook meer as een kleintjie per keer lewer, word bestempel as vrugbaar.
Fertility: Die vermoë om kleintjies te kry.
Fetus: Die ongebore kleintjie in later stadiums vn ontwikkeling.
Flehmen response: Gedrag waartydens die bok sy bolip terugkrul sodat die voortande sigbaar is en dan inasem terwyl die neusgate gesluit is. Die posisie word vir ‘n hele paar sekondes behou.
Flight Zone: Maksimum sone van gemak of sekuriteit vir diere.
Flushing: Bestuurspraktyk om ‘n ooi se voedingsplan te verbeter net voor paring om haar ovulasietempo te verhoog.
Foot Bath: Chemiese en watermengsel waarin bokke staan om vrotpootjie te bekamp of te behandel.
Forage: Ruvoer-bevattende voer soos kuilvoer, hooi en weiveld.
Forcing Pen: Hok waarin diere gehou word voordat hulle na behandelingshokke verskuif word.
Freshen: Om melk te kry.
G
Galatopoiesis: Stimuleer melkproduksie.
Gambrel Restrainer: Beheertoestel wat bestaan uit ‘n hakskeen-vormige stuk plastiek wat oor die dier se nek geplaas word, met plekke aan weerskante waardeur die dier se twee voorbene vasgehou word.
Gastroenteritis: Inflammasie van die maag en ingewande.
Gestation: Dragtigheidstydperk vanaf konsepsie tot geboorte, gewoonlik 142 tot 152 dae.
Grafting: Die aangee van ‘n lam na ‘n ooi wat nie sy natuurlike ma is nie.
Group Fed: ‘n Voedingsisteem waar al die diere in ‘n groep gelyktydig gevoer word.
Guard Dog: ‘n Hond wat saam met die bokke bly sonder om hulle te skaad en hulle aggressief teen predatore beskerm.
H
HACCP: Hazard Analysis Critical Control Point, ‘n Internasionaal-erkende en aanbevole benadering to voedselveiligheid wat risiko’s met bestanddele antisipeer en voorkom.
Heat: Sien estrus.
Helminths: Parasitiese wurms.
Herd: ‘n Woord wat ‘n klein groepie, of ‘n groot groep bokke beskryf. Bokke is ‘tropdiere’ wat beteken dat hulle baie beter vaar saam met nog een of meer van hulle soort as ‘n groep. Amper elke spesies het ‘n spesifieke groepnaam, soos ‘n skool visse, ‘n swerm voëls en ‘n trop honde.
Hypocalcemia: Lae kalsiumvlakke in die bloed.
Hypomagnesemia: Lae magnesiumvlakke in die bloed.
Hypothermia: Onvermoë om warm te bly, dikwels veroorsaak deur koue of nat weer.
I
IM: Binnespiers, om in die spier in te spuit.
Immunity: Om weerstand te hê teen ‘n spesifieke patogene mikroörganisme.
Intermediate Host: ‘n Dier of ander lewende liggaam waarin ‘n parasiet ‘n gedeelte van sy lewenskilus voltooi en gewoonlik nie daardeur enige skade veroorsaak nie.
Internal Parasites: Parasiete in die maag, longe en ingewande van bokke.
International Unit (IU): Eenheid waarin vitamines en medikasie afgemeet word.
Iodine: Ontsmettingsmiddel wat gebruik word op die naeltjies van pasgebore boklammers om die naeltjie te laat droog word en daardeur die ingang na die liggaam van die bok sluit. Word ook gebruik op die hoewe van pasgebore lammers deur sommige telers. Veeartsenykundige jodium bevat 7% jodium terwyl jodium vir menslike gebruik slegs 2% jodium bevat.
J
Jacobson's Organ: Ook bekend as die vomeronasale orgaan, en word hoofsaaklik gebruik om feromone op te spoor – chemiese boodskappers wat inligting tussen individue van dieselfde spesies oordra – en ook soms genoem die ‘sesde sintuig’.
Johnes:‘n Wegkwynsiekte onder herkouers, aansteeklik deur hulle mis.
K
Keds: Bloedsuiende bosluise wat die vel stukkend maak en daardeur enstige velskade aanrig.
Ketones: Samestellings gevind in die bloed van dragtige ooie wat aan dragtigheidsvergiftiging ly.
Known Carrier: ‘n Dier wat aanwas gelewer het met ‘n genetiese defek.
Kid(s): Bababokkies van beide geslagte.
Kidding: Om te lam.
L
Lactation: Die tydperk waartydens die ooi melk produseer. Normaalweg vanaf geboorte tot spening.
Lactated Ringers Solution: Word gebruik om liggaamsvloeistowwe toe te dien aan ‘n ooi wat gedehidreer is. (Bekend as LRS)
Legumes: Plantfamilie wat sade in ‘n peul dra. Lusernhooi is ‘n voorbeeld hiervan.
Leucocyte (leukocyte): Verwys gewoonlik na witbloedselle.
Liver Flukes: Klein blaarvormige organismes wat opkrul soos ‘n perkamentrol in die galbuise of lewerweefsel.
Loading Chute: ‘n Gang wat gebruik word om diere op ‘n voertuig te laai.
Lochia: Die donker, bloederige afskeiding wat ‘n ooi het vir etlike weke nadat sy gelam het.
LRS: Gebruik om liggaamsvloistowwe toe te dien aan ‘n gedehidreerde bok (bekend as Lactated Ringers Solution or Ringer Lactate)
Lungworms: Rondewurm wat aangetref word in die respiratoriese stelsel en longweefsel.
M
Mange Mites: Myte wat die vel en hare besmet.
Manure: Mis, poef, bokdrolle, uitskeiding.
Mastitis: Inflammasie van die melkklier veroorsaak deur ‘n bakteriële infeksie, wat melkproduksie laat afneem.
Metritis: Inflammasie van die uteris.
Milk Fever: Aansienlike afname in plasmakalsium wat senuoordrag beïnvloed en gedeeltelike of algehele verlamming kan veroorsaak met of net na geboorte en die aanvang van laktasie.
Milk Replacer: Kunsmatige melkplaasvervanger vir die voer van boklammers.
Mineral: Anorganiese stof wat natuurlik voorkom in alle liggaamselle, weefsels en vloeistowwe.
Mitigation: Om minder erg te maak; om bokke te gebruik om bosse en onkruid te beheer word algemeen mitigasie genoem.
ML: Milliliter, dieselfde as cc; 3cc en 3ml is dieselfde ding in spuite. 1000 ml = 1 liter
Monogastric: ‘n Dier met ‘n maag met net een kompartement. Bokke is nie mongastries nie.
Mycotoxin: Toksiese smestellings geproduseer deur fungi.
N
Nanny: ‘n Ma-bok.
Natural Immunity: Oorgeërfde weerstand teen ‘n siekte wat varieer tussen rasse, lyne binne rasse en individue
Necropsy: Ondersoek van ‘n dooie dier om die oorsaak van dood te bepaal.
Nematode: Ook genoem rondewurms, tel nematodes onder die volopste wesens wat voorkom as parasiete in plante en diere of as vrylewende vorme in die grond, vars water, mariene omgewings en selfs in asyn en maltbiere.
Nitrate Poisoning: ‘n Toestand waarin toksiese vlakke van nitrate opbou in plante.
Nose Bots: Klein larwes wat in nasale kanale inkruip.
O
Oesophagal Feeder: Buis wat in die slukderm van ‘n bok geplaas word om melk of ‘n ander vloeistof toe te dien.
Omasum: Die derde deel van die herkouer se maag wat geleë is tussen die retikulim en die abomasum
Oocyst: ‘n Stadium in die lewe van die koksidia (‘n protosoë parasiet) wat in mis uitgeskei word.
Orifice: Die gat aan die punt van die speen.
Ovary: Primêre vroulike voortplantingsorgaan.
Over the Counter Drugs (OTC): Medisyne wat direk by die produsent gekoop kan word en waarvoor daar nie ‘n voorskrif deur die veearts benodig word nie.
P
Palatability: Smaaklikheid. Dit verwys na hoe gretig ‘n bok iets sal uitsoek tussen verskeie ander voere.
Parasite: ‘n Organisme wat op ‘n gasheer leef.
Parous: Vroulike diere wat al kleintjies gehad het.
Parturient Paresis: Aansienlike afname in die vlakke van plasma kalsium wat senuoordrag beïnvoed sodat gedeeltelike of algehele verlamming intree. Gebeur met lamming of by die aanvang van laktasie.
Parturition: Om geboorte te gee/om te lam.
Pinkeye: ‘n hoogs aansteeklike siekte van die oë van bokke (aook aansteeklik vir mense).
Placenta: Die groot membraan wat deur die ooi uitgeskei word nadat sy gelam het..
Post Mortem: Na die dood.
Postpartum: Na geboorte.
Prepartum: Voor geboorte.
Pregnancy Toxemia: ‘n Metaboliese siekte van dragtige ooie oor die agemeen veroorsaak deur ‘n dieet wat gebrekkig is aan energie tydens laat swangerskap.
Probiotic: Lewende organismes wat fementasie in die rumen manipuleer.
Progeny: Nasate.
Prolificacy (fecundity): Die aantal lammers wat werklik deur ‘n ooi gelewer is.
Protein: Stikstof-gebaseerde essensiële voedingstof, saamgestel uit kettings van aminosure wat teenwoordig is in alle lewende dinge.
Protein Supplement: Voedingstof wat ‘n hoë vlak proteïene bevat. Gevoer aan diere benewens hul normale dieet.
R
Ration: ‘n Voermengsel aan diere gegee oor ‘n 24uur tydperk.
Rehydrate: Die vervanging van liggaamsvloeistowwe wat verloor is weens koors, siekte, hitte, ens.
Rennet: Afkomstig uit die vierde maag, word die ensiemkomponent rennien gebruik om melk te laat stol.
Reticulo-Rumen: Gedeelte van die maagdermkanaal van herkouers bestaande uit die retikulum en die rumen wat die primêre plek is vir mikrobiese fermentasie van voer.
Reticulum: Die tweede kompartement van die maag van die herkouer, ook bekend as die tweede maag. Die voering het ‘n heuningkoekagtige voorkoms om die absorpsioppervlak te vergroot.
Rigor Mortis: Die permanente sametrekking van skeletspiere, geassosieer met dood.
Roughage: Growwe, massagewende voer, hoog in vesel, soos hooi, strooi en kuilvoer.
Rumen: Die groot, eerste kompartement van ‘n herkouer se maag wat ’n mikrobiese populasie bevat wat in staat is om voer en ruvesel af te breek.
Rumen-Reticulum: Pregastriese fermentasiekamer wat ‘n groot mikrobiese populasie bevat.
Ruminant: ‘n Groep diere wat herkou en tipies ‘n vier-kompartement maag het.
Rumination: Die proses om voedsel op te bring sodat dit herkou kan word.
S
Scours: Diarree gewoonlik verbind met verkeerde melkvoedig.
Shipping Fever: Asemhalingsiekte gewoonlik as gevolg van vervoer.
Silage: Groenvoer wat omgesit is in ‘n sappige voer van 30%-40% droë materiaal vir bokke deur berging sonder lug (soos in silo- of lugdigte sakke).
Sire: Die Vaar (vader).
Soremouth: ‘n Hoogs aansteeklike (ook vir mense) virale infeksie wat seertjies om die mond, neusgate en oë veroorsaak en mag ook uiers van lakterende ooie affekteer.
SubQ: Subkutaan/onderhuids, onder die vel inspuiting (soms geskryf SQ of sq).
Synchronization: ‘n Bestuurspraktyk waardeur bokke se siklusse gemanipuleer word om dieselfde te wees.
Systemic Disease: ‘n Siekte wat meer as een deel van die liggaam affekteer; dikwels die hele liggaam of een of meer sisteme.
T
Total Digestible Nutrients (TDN): Standaardsisteem waardeur die energiewaarde van voer uitgedruk word.
Trace Minerals (TM): Minerale wat in baie klein hoeveelhede benodig word.
U
Urinary Calculi: Metaboliese siekte van ramlammers wat gekenmerk word deur die vorming van stene in die urienweg. Dit word primêr veroorsaak deur ‘n wanbalans van kalsium en fosfor in die dieet.
Uterus: Gedeelte van die vroulike voortplantingsisteem waarin die embrio ontwikkel voor geboorte. (Baarmoeder)
V
Vaccination: Inspuiting waardeur gesonde diere langdurige weerstand teen spesifieke siektes verkry.
Vaginal Prolapse: Uitpeul van die vagina van ooie tydens laat dragtigheidstadium.
Vitamins: Klein organiese samestellings, noodsaaklik vir behoorlike metabolisme, wat in baie klein hoeveelhede in voer voorkom. Tekorte veroorsaak siektes of sindrome.
Vomeronasal Organ: Ook bekend as Jacobson se orgaan, en word hoofsaaklik gebruik om feromone op te spoor – chemiese boodskappers wat inligting tussen individue van dieselfde spesies oordra – en ook soms genoem die ‘sesde sintuig’.
W
Wether: Gekastreerde bokram.
White Muscle Disease: ‘n Siekte veroorsaak deur ‘n tekort aan selenium, vitamien E of beide, wat agteruitgang van skelet- en hartspiere by bokke veroorsaak.
Withdrawal Period (or time): Die tydperk voor bemarking waartydens medisyne nie toegedien mag word nie om te verseker dat geen residu’s in die vleis of melk agterbly nie.
Y
Yearling: ‘n Jaaroud bok.
Z
Zoonosis: Dieresiektes wat aan mense oorgdra kan word.
Zygote: Die produk van bevrugting, m.a.w., ‘n sel gevorm uit die versmelting van ‘n oösiet en ‘n spermatosoë.

Translated by Elna Van Rhyn