Tangs/Surgeonfish

© Johan Boshoff

Algemene familienaam

Tangvis/Doktervis

Wetenskaplike naam

Zebrasoma

Grootte

Tot 30 cm, gemiddeld 18 cm.

Identifikasie

Skyfvormige liggaam met ‘n gepunte snoet. Groot, aaneenlopende rug- en anale vinne. Het ‘n skerp steekpen (tang) op die basis van die stertvin soos alle doktervisse. Stertvin is stomp. Kleur varieer tussen donkerbruin en heldergeel.

Algemene Inligting

Die Zebrasoma genus bestaan uit 7 spesies. Familie van die doktervis. Gevind oor koraalriwwe in pare of in klein groepies. Sal die steekpen gebruik as wapen wanneer bedreig – wond kan giftig wees. Die rug-en anale vinne van jonges is groot in verhouding tot hul liggame. Pelagiese kuitvisse.

Voeding

Leef van alge, afval en plankton. Herbivore.

Verspreiding

Kom voor in alle gematigde en tropiese oseane van die wêreld.

Algemene Spesies

Gespikkeldetang - Zebrasoma gemmatum
Geeltang - Zebrasoma flavescens
Geelstert tang - Zebrasoma xanthurum