Tafeldruif Produksie

Globale Produksie

©Louise Brodie

Die grootste produsente van tafeldruiwe is geleë in die Noordelike Halfrond. Die land wat die grootste volumes van tafeldruiwe by verre produseer is China gevolg deur Indië, Oesbekistan, Italië en die Verenigde State van Amerika. In die Suidelike Halfrond is die grootste produsente Chili, Brasilië, Australië en Suid-Afrika.

Suid Afrikaanse Produksie

©Louise Brodie

Suid-Afrika vervaardig en voer tafeldruiwe uit vir al meer as 'n eeu. Die bedryf produseer druiwe hoofsaaklik vir die uitvoermark en gaan voort om vinnig van jaar-tot-jaar uit te brei. Druiwe word in Suid-Afrika geproduseer vanaf middel November tot middel-April.

Produksie Areas

©Louise Brodie

Daar is vyf hoof produksie streke in Suid-Afrika. Die druiwe oes begin in die vroegste streek en beweeg dan in 'n stelstel na die suide soos die oes ontwikkeling vorder. Die vroegste produksie streek is in die noordelike provinsies van Mpumalanga en Limpopo waar die oes in November begin. Dit word gevolg deur die oes langs die laer Oranjerivier in die Noord-Kaap vanaf die einde van November en dan beweeg dit op in die Olifantsriviervallei waar die oes in die middel van Desember begin. Die laaste twee streke is die Bergrivier en Hex Rivier produksie gebiede waar die oes laat in Desember begin. Die heel laaste produksie streek is die Hexriviervallei waar die oes voort duur tot middel-April.

Variëteite

©Louise Brodie
©Louise Brodie
©Louise Brodie

Die Suid-Afrikaanse tafeldruifbedryf is oor 'n eeu oud, maar bly dinamies in die ware sin van konstante verandering. Dit is deur die vasberade pogings van druiwe telers en intellektuele eiendom maatskappye, sowel as produsente en uitvoerders, wat verbind is tot die verskaffing van 'n premie produk aan hulle kliënte, wat met die bekendstelling van nuwe en verbeterde tafel druiwe van plaaslike en internasionale telers die bedryf aan die voorpunt hou van tegnologiese vooruitgang en internasionale mededingendheid.

Verkope

©Louise Brodie

Suid-Afrikaanse druiwe word na Afrika, Suidoos-Asië, China, die Midde-Ooste, die Indiese Oseaan-eilande, die Europese Unie, die Verenigde Koninkryk, Rusland, Kanada en die VSA uitgevoer. Die grootste deel van Suid-Afrika se druiwe uitvoer gaan steeds na die belangrikste tradisionele markte in Europa en die Verenigde Koninkryk. Naby aan die helfte van Suid-Afrikaanse druiwe uitvoer word verskeep na die Europese Unie en sowat 25% na die Verenigde Koninkryk.

Gebruike

©Louise Brodie
©Louise Brodie
©Louise Brodie

Tafeldruiwe word hoofsaaklik as vars vrugte geëet of dit word gebruik in slaaie of bedien met kaas borde. Druiwe is 'n uitstekende bron van vitamiene C en K, asook verskeie ander vitamiene en voedingstowwe. Druiwe is ook ryk in antioksidante, insluitend resveratrol, flavonoïede en dieetvesel.

Translated by Wilma Koeppen