Swift Tern
Geelbeksterretjie

© Robert Hofmeyr

Naam

Geelbeksterretjie

Latynse naam

Sterna bergii

Familie

Rynchopidae

Lengte

50cm

Habitat

Kom in klein groepies in kuswater voor.

Voël roep

'n Harde 'kreee-kreee' skreeu.

Teling

Broei gewoonlik op 'n oop, plat gebied, gedurende Maart tot Oktober. 'n Vlak holte word gemaak, soms met 'n bietjie gras bedek. Eiers, 1- 2, is 'n algemene wit kleur, ligte turkoois of bleek pienk gemerk met bruin spikkels.

Onvolwasse Beskrywing

Onvolwassenes het ‘n geel snawel, swart-en-wit gestreepte bokant met geelbruin-rantige vere. Beide geslagte lyk eenders.

Volwassene beskrywing

'n Groot voël, met groot, effens geboë, geel snawel. Voorkop, sye van die gesig, nek en borskant is wit. Swart bene en voete met geel sole.

Status

Kom algemeen voor

Waar hulle voorkom

Gewoonlik in die suid-westelike Kaap en word gewoonlik in klein groepe langs die kus, of by riviermondings. Broei op Schaapen, Marcus, Dyer, Malgas, Meeuw en Robbeneilande, maar nie elke jaar op elke eiland nie.