Surgeonfish
Doktervis

© Johan Boshoff

Algemene familienaam

Doktervis

Wetenskaplike naam

Acanthurus

Grootte

Tot 60 cm, gemiddeld 28 cm.

Identifikasie

Ovaalvormige, lateral-saamgeperste liggaam, wat geleidelik dunner word na die stert se kant. Klein mondjies. Stertvin is gewoonlik halfmaanvormig. Baie lang anale vinne. ‘n Paar skerp steekpenne aan beide kante van die basis van die stert – vandaar die naam. Baie kleurvol met verruklike patrone.

Algemene Inligting

Die Acanthurus genus bstaan uit 38 spesies. Word aangetref op alle koraalriwwe, alleen of in skole. Gebruik die skerp steekpenne vir verdediging en hulle kan giftig wees. Hulle kan hulle kleure verander na gelang van die area waar hulle wei – hulle is ligter oor sanderige areas en helderder oor riwwe. Pelagiese kuitvisse.

Voeding

Leef van alge, afval en plankton. Herbivore.

Verspreiding

Kom voor in alle gematigde en tropiese oseane van die wêreld.

Algemene Spesies

Swart doktervis - Acanthurus gahm
Palet doktervis - Paracanthurus hepatus
Sohal surgeonfish - Acanthurus sohal