Speke's Hinged Tortoise
Speke se Skarnierskilpad

© Tyrone Ping

Naam

Speke se skarnierskilpad (Kinixys spekii)

Klas

Reptilia (Reptiele)

Orde

Testudines (Skilpaaie)

Familie

Testudinidae

Lengte

Beide geslagte: 140 – 160 mm

Beskrywing

’n Medium-grootte skilpad met ’n gladde, afgeplatte karapaks (rugskild) met ’n goed ontwikkelde skarnier. Die dop van die jong skilpaaie het ’n sonale patroon met afwisselende ligte en donker sones. Dit kan in volwasse mannetjies voortduur, terwyl die donker sones in volwasse wyfies opbreek.

Verspreiding

Sentraal en Oos-Afrika savanne deur Zimbabwe en die noordwestelike en noordelike provinsies van Suid-Afrika en die laeveld en die Mosambiekse kus tot so ver as Swaziland.

Voortplanting

’n Broeisel van 2 – 6 eiers.

Dieet

Speke se skarnierskilpad het ’n gevarieerde dieet naamlik waterbessieboom vrugte en ander vrugte, sampioene, reuse landslakke, kewers en duisendpote.