Spear Grass
Assegaaigras

© Ivan Van der Walt

Assegaaigras

Assegaaigras

Latynse naam

Heteropogon contortus

Beskrywing

Assegaaigras het ’n lengte van tot 1 m en is ’n meerjarige, redelik vinnig groeiende gras wat deur die meeste grasvreters geëet word. Die bloeiwyse is ’n enkele groen tros (dikwels harig) met lang, bruin, fluweelagtige, verweefde stekelhare. Die blaarskede is saamgepers en die stekelhare krul as dit droog is en dit is geneig om saam te klou.

Gebruike

Assegaaigras is slegs vroeg in die somer smaaklik waarna dit hard word en minder aanvaarbaar vir weiding is. Die stekelhare penetreer dikwels skape se wol en verminder sodoende die kwaliteit van die wol.

Habitat

Assegaaigras groei in goed gedreineerde, klipperige grond en in oop gebiede. Dit word dikwels in Suid Afrika langs paaie in die Limpopo Provinsie en die Nasionale Krugerwildtuin gesien.

Blomme

Oktober tot Maart.

Notas

Assegaaigras is ’n waardevolle voergras, alhoewel dit wel nadele het. In dele van die wêreld soos Australië is die gras vir die uitwissing van die wolbedryf in sommige streke van die land verantwoordelik, as gevolg van die saad wat die wol beskadig nadat dit daarin gekoek raak.