Slipper Lobster

© Johan Boshoff

Algemene familienaam

Slipper lobster

Wetenskaplike naam

Scyllaridae

Grootte

Tot 50 cm, gemiddeld 25 cm.

Identifikasie

Een vergrootte paar antenna’s wat soos grawe lyk. Langwerpige liggaam soos normale krewe. Vyf Pre pote aan die karapaks (vergroeide plate wat die toraks bedek). Kamoefleer baie goed met ligbruin en beige dominant. Sommiges het rooi, blou of swart strepe en kolle.

Algemene Inligting

Die Scyllaridae familie bestaan uit 8 genera en 71 spesies. Nou verwant aan Spiny en Coral lobsters. Baie versigtige kreature. Begrawe hulleself in die sand as beskerming. Word gevind in sanderige en koraal-rommel areas. Pelagiese broeiers

Voeding

Leef van weekdiere, skaaldiere, wurms, stekelhuidiges en afval.

Verspreiding

Kom voor in alle gemtigde en tropiese oseane van die wêreld.

Algemene Spesies

Ridged slipper lobster (Scyllarides nodifer)
Shoveller crayfish (Scyllarides elizabethae)
Spanish slipper lobster (Scyllarides aequinoctialis)