Huislike Luuksheid
Sibuya Wildreservaat, Oos-Kaap

Sibuya Wildreservaat bied ’n unieke Suid-Afrikaanse safari ervaring in die Oos-Kaap met huislike luuksheid en drie unieke eko-vriendelike lodge opsies.

Hoogtepunte

Toegang tot die lodge is deur ’n 45 minuut ontspannende bootvaart
Keuse tussen 3 verskillende lodge opsies
Private platvorms met rivier uitsig
’n Verskeidenheid aktiwiteite: wildbesigtigingsritte, bootvaarte, visvang, swem, voëlkyk, kanoe avonture
Families met kinders, groepe en paartjies is welkom

Jou Ervaring

Sibuya Wildreservaat is geleë op die Sonskynkus van die Oos-Kaap wat bestaan uit droë rivierbeddens, fynbos en grasvlaktes. Die landskap is asemrowend en is die tuiste van ’n oorvloed wild. Sibuya Wildreservaat is enige natuurliefhebbers se droom en bied drie uitstekende akkommodasie opsies aan.

Of jy nou ’n familie met jong kinders is, ’n klein groep vriende of ’n wittebroodpaartjie opsoek na ’n bietjie romanse, by Sibuya Wildreservaat is daar iets vir almal te vinde.

Gaste het ’n keuse tussen twee sonkrag aangedrewe, luukse tentkampe – Forrest Camp en River Camp – wat weggesteek is op die bed van die Kariega-rivier. Die derde opsie is die immer gewilde Bush Lodge, geleë in ’n ongerepte, boom-digte vallei.

Die aktiwiteite op aanbod by Sibuya Wildreservaat sal ook almal gelukkig hou. Van die oggend- en aandwildbesigtigingsritte, voëlkyk, visvang, bootvaarte, strand wandelinge, bosstaptoere tot die kanoe avonture, hier is jy bederf met keuses.

River Camp is gepas families met kinders van alle ouderdomme. Gaste met kinders onder die ouderdom van 3-jaar kan ’n kinderoppasser aanvra. Met die wete dat hul kinders vermaak en veilig sal wees, kan ouers bietjie tyd alleen spandeer, een die vele aktiwiteite aanpak of ’n gemaklike plekkie vind en hul voete in die lug sit.