Shiraz

© Glenneis Kriel

Beskrywing

Shiraz is ’n rooiwynkultivar met ’n kenmerkende rokerige smaak. Dit het ontwikkel uit ’n kruising van die byna uitgestorwe variëteite, Dureza en Mondeuse blanche.

Herkoms

Daar was voorheen gedink dat Shiraz afkomstig is van die ou Persiese stad Shiraz, in die land wat vandag bekend staan as Iran. DNA toetse in die laat-1990s het egter Frankryk as die kultivar se ware land van oorsprong bevestig, aangesien beide die kultivars waaruit dit ontwikkel het hul oorsprong in die suid-ooste van Frankryk het.

Die variëteit is vir die afgelope paar honderd jaar in die Rhône-vallei verbou en sy gewildheid het sedert die einde van die 1960s toegeneem, as ’n versnit met Grenache noir en Carignan.

Ander Name

In die res van die wêreld word daar meestal verwys na die variëteit as Syrah. Nuwe Wêreld produsente, soos Suid-Afrika en Australië, het begin om Shiraz en Syrah te gebruik om die styl van ’n wyn te beskryf.

Syrah word gebruik vir meer tradisionele Rhône-styl wyne met gematigde vrugte geure, terwyl Shiraz gebruik word vir meer moderne wyne waarvan die korrel op ’n ryper stadium gepluk is en wat hoër alkohol vlakke en meer opvallende vrugte smake en geure het.

Produksie in Suid-Afrika

Dit is onsekere wanneer Shiraz in Suid-Afrika gearriveer het. Volgens een teorie, het Goewerneur Simon van de Stel dit teen die einde van die 1600s na Suid-Afrika gebring. ’n Ander teorie is dat James Busby, die Skotse wingerdkundige wat Shiraz produksie in Australië begin het, stokkies in Kaapstad gelos het oppad van Europa in die 1840s.

Die eerste wingerde is in Groot Constantia geplant teen die einde van die 1890s, maar die variëteit se gewildheid was maar beperk as gevolg van lae opbrengste en die feit dat produsente nie vir kwaliteit vergoed was nie. Op daardie stadium was baie van die plant materiaal ook met virus besmet.

Bernard Podlashuk, na wie verwys word as die “Vader van Shiraz in Suid-Afrika”, was in 1957 die eerste om Shiraz as ’n enkelkultivar wyn te botteleer. Die area onder produksie het tussen 1992 en 2016 uitgebrei van sowat 900 ha tot bykans 10 000 ha. Dit het daartoe gelei dat Shiraz die tweede grootste geplante rooiwynkultivar in Suid-Afrika geword het.

Produksiestreke

Die variëteit doen goed op medium en ligte gronde, en pas goed aan by verskillende klimaatsomstandighede. Wingerde kom voor in al die produksiestreke van Suid-Afrika, met die grootste area onder produksie in die Paarl, gevolg deur Stellenbosch en die Swartland. Shiraz verteenwoordig die grootste persentasie van variëteite wat in die Kaapse Suidkus geplant word.

Groeikrag

Die wingerde het ’n slap, kruipende groeiwyse met sterk groeikrag. Die produksiepotensiaal is medium to hoog, met ’n gemiddeld wat varieer tussen 10 t/ha tot 15 t/ha.

Rypwording

Druiwe word laat midseisoen ryp, van die einde van Februarie tot die eerste helfte van Maart.

Korrels

Die korrels het ’n medium na klein grootte, is ovaal en het ’n blou swart kleur. Dit dop is dun, maar taai en die vleis is baie sappig. Die korrels kry ’n verrimpelde voorkoms wanneer dit lank op die wingerde gelos word.

Blare

©Glenneis Kriel
Die blare is dofgroen, relatief groot, langwerpig en vyflobbig.

Peste en Siektes

Die variëteit is redelik bestand teen die meeste siektes, maar Shiraz siekte en Shiraz agteruitgang mag ’n probleem wees met sekere klone. Die variëteit is ook sensitief vir windskade.

Gebruik

Dit word gebruik vir die produksie van enkelkultivar wyne en ’n verskeidenheid versnitte, soos die Kaapse-versnit, wat ten minste 30% en nie meer as 70% Pinotage moet bevat, of die klassieke Rhône-versnit. Dit word ook soms gebruik vir die produksie van rooi vonkelwyn.

Wyn

Die smaak profiel van Shiraz hang af van verskeie faktore, insluitend klimaatsomstandighede, die plek waar die druiwe geproduseer word, die manier waarop wingerde bestuur word, sowel as die wyse waarop die wyn verouder word. Die variëteit, oor die algemeen, produseer wyne met rokerige, peper, speseryagtige en vrugtige geure.

Wingerde wat in warm binnelandse streke verbou word produseer meer kenmerkende vrugte geure. Wingerde op oop prieelstelsels, met matige opbrengste en wat eers gepluk word wanneer die druiwe volryp is, word geassosieer met ryp pruim en bessie geure, terwyl druiwe wat verkry word van wingerde met baie lae opbrengspotensiaal meer spesery-agtige geure produseer.

Die gebruik van eikehout het ook ’n groot invloed op die finale produk, afhangend van die tipe eike produk wat gebruik is.

By Glenneis Kriel