Secretary Bird
Sekretarisvoëls

© Shem Compion
Secretary Bird.

Voorkoms

Die Sekretarisvoël is 'n roofvoël, maar in teenstelling met ander roofvoëls het dit lang bene, vlerke en 'n stert. Die Sekretarisvoël is die enigste spesie van sy familie. Die voël kry sy naam vanaf sy kuifvere wat lyk soos veerpenne van die 19de eeuse kantoorwerkers wat dit agter hul ore geplaas het. Die voël is basies duifgrys van kleur, met swart op die vlerke, dye en verlengde sentrale stertvere. Agter die kort, krom snawel is 'n gedeelte met kaal, rooi en geel vel. Die helfte van sy lang bene is bedek met vere en as gevolg daarvan blyk dit of die voël ‘n broek dra. Die gesig is kaal en die stertvere is lank met ‘n massa wit donsvere onder die stert. Bereik tot 4ft in lengte. Die twee kenmerkende lang stertvere is grys met 'n breë swart band en die verste puntjies is wit. Sy mees onderskeibare kenmerk is die 20 swart kuifvere, wat lyk soos veerpenne wat agter sy ore (onsigbare) staan. Die kop van die Sekretarisvoël (met sy geel neusvrat) en vorm van die bek is baie soortgelyk aan dié van die karakara. Hulle het ook 'n baie lang oogwimpers.

Dieet

Sekretarisvoëls eet slange, ander reptiele, amfibieë, skilpaaie, rotte en ander klein soogdiere asook jong wilde voëls.

Teling

Sekretarisvoëls vorm paartjies waaraan hulle getrou sal bly vir die res van hul lewe en is opvallend getrou aan hul nes. Die nes word gewoonlik laag in die vurk van 'n boom geplaas, gewoonlik 'n akasia. Die groot bundel stokkies groei jaar na jaar, soortgelyk aan die van 'n arendsnes. Die twee tot drie wit eiers, wat ‘n growwe tekstuur het, neem ongeveer 50 dae om uit te broei, en die donsige kuikens word gevoer met 'n dieet van klein soogdiere. Hulle vlieg na ongeveer agt weke. Gedurende die broeiseisoen is daar aggressie tussen die mannetjies binne 'n groep. Albei geslagte werk saam om 'n nes te bou. Eiers word gelê in Mei of Junie en word hoofsaaklik deur die weifie geïnkubeer. Die kuikens word deur albei ouers gevoed.

Gedrag

Hierdie voëls is hoofsaaklik landdiere en sal net vlieg wanneer hulle bedreig of vorseer word. Hierdie voëls word gewoonlik alleen aangetref met die lede van 'n paartjie 'n ent van mekaar af. Die Sekretarisvoël loop goed op sy uiters lang bene, en kan tot twintig myl in 'n dag loop. Wanneer dit gejaag word, maak dit staat op sy spoed om te ontsnap. Dit vind die meeste van sy kos op die grond en hou veral van slange. Dit gryp die slang met sy sterk tone en slaan dit op die grond dood, terwyl hy homself beskerm teen byte met sy groot vlerke. Uiteindelik gooi hy sy prooi ‘n paar kere in die lug om dit te verbyster. In Suid-Afrika word hierdie voëls aangehou om slange en rotte te vang. Behalwe dat hy kos vang met sy bek, sal die Sekretaresse-voël ook met sy voete op die grasbossies stamp om akkedisse, sprinkane, en klein soogdiere of voëls uit die gras te verskrik. Die basiese sosiale struktuur vir sekretarisvoëls is lewenslange paartjies. Hulle is egter nie besonder gierig nie. Trouens, lede van 'n paartjie is gewoonlik nie saam nie, maar bly eerder 'n klein entjie uit mekaar.

Wanneer hy jag, versprei hy sy kuifvere soos 'n waaier en soek kos met sy kort, krom snawel. Die bene is goed beskerm teen byte deur 'n dik laag skubbe. As dit gejaag word, maak die Sekretarisvoël staat op die spoed van sy bene, maar kan sy vlerke versprei om met die hardloop te help. Sekretarisvoëls spandeer baie tyd op die grond en soek na prooi. Klein diere word eenvoudig opgetel en ingesluk. Hulle is opportunistiese voëls en soek vir kos by onlangs verbrande gebiede waar prooi dikwels beseer word en sonder plantbedekking is. Alhoewel hulle nie 'n sosiale voël is nie, jag hulle dikwels in klein groepies of pare, en hou kontak met hulle deur na mekaar te roep.

Habitat

Hulle word aangetref in oop gebiede van vlaktes en savanne, en vergader dikwels in gebiede wat onlangs verbrand is, waar soogdiere sonder plantebedekking is en dikwels beseer word.

Waar hulle gevind word

Die Sekretarisvoël is wydverspreid dwarsoor Afrika, suid van die Sahara.

Latynse naam

Sagittaruis Serpentarius