Sea Cucumber
Seekomkommer

© Johan Boshoff

Algemene familienaam

Seekomkommer

Wetenskaplike naam

Holothuroidea

Grootte

Tot 3m

Identifikasie

Wors-vormige langwerpige liggame met leeragtige huide. Mond aan die die een kant met anus aan die ander kant. 10 – 20 tentakels rondom die mond. Kleur meestal vaalbruin en swart, hoewel sommiges rooi, oranje en pers is.

Algemene Inligting

Die Holothuroidea familie val onder die Echinodeermata phylum, wat al die seesterre en seekastaiings insluit. Beweeg stadig met vyf rye buispote. Die kalsiumkarbonaat endoskelet kan saamtrek en ontspan. Verdedig hulself deur van hulle maag ontslae te raak – hy kan weer groei – of filament van die anus. Sommige is aan rotse vasgeheg. (Sea apple). Pelagiese kuitskieters.

Voeding

Leef van plankton en afval.

Verspreiding

Kom voor in alle gematigde en tropiese oseane van die wêreld.

Algemene Spesies

Eetbare seekomkommer (Holotuhria edulis)
Swart en wit seekomkommer (Holotuhria marmoratus)
Prickly red sea cucumber (Stichopus sp.)