Klein Karoo Wildernisreservaat
Montagu, Wes-Kaap

Sanbona Wildreservaat is geleë in die hartjie van die Klein Karoo, ideaal vir wild besigtiging en vele voëlkyk geleenthede.

Hoogtepunte

4x4 wildbesigtigingsritte en bos wandelinge
Safari bootvaarte
Kinderaktiwiteite en familie-vriendelike akkommodasie
Ontspannende spa behandelinge
Rotskuns en sterrekyk

Jou Ervaring

Aan die voet van die Warmwaterberg sal jy Sanbona Wildreservaat vind. As jy die Kaap besoek en opsoek is na ’n blanskans in die natuur, dan is hierdie oneindigende vlaktes net wat jy nodig het. Hierdie wildreservaat naby Kaapstad het die mooiste inheemse plantlewe, volop wild en uitstekende verblyf - jy kan rêrig nie verkeerd gaan nie.

Akkommodasie word aangebied in die vorm van ’n herehuis, lodge of kampeerplek. ’n Goeie nagrus wag op alle reisigers wag wat bereid is om die roete vanaf die Moederstad aan te pak.

Daar is hope aktiwiteite op aanbod by hierdie wildreservaat naby Kaapstad. Besoekers kan opwindende 4x4-wildbesigtigingsritte en leersame wildernis wandelinge onderneem. Beide hierdie aktiwiteite is ’n intieme ervaring binne die natuurlike landskap. Jou spoorsnyer en gids sal jou meer leer oor die ingewikkeldhede van die eko-sisteem en sal jou neem om die antieke San rotskuns wat ook in die reservaat gevind kan word, te ontdek.

Behalwe vir net terugsit en ontspan by die private spa kan jy Sanbona Wildreservaat ook watersafari’s, sterrekyk en voëlkyk doen. Daar is ook nie ’n beter tyd om jou fotografie stokperdjie van die grond af te kry nie.

Sanbona Wildreservaat het prettige aktiwiteite wat die kinders vermaak en gelukkig sal hou. Dan is daar ook uitstekende kos en wyn by die restaurant om die res van die familie gelukkig en vermaak te hou.