Salie

© Louise Brodie

Salie is afkomstig van Suid-Europa en die Middellandse Asiese-See eilande. Daar is naby aan 'n duisend verskillende soorte en kultivars van die salie plant. Vir kommersiële produksie, is daar twee hooftipes wat geproduseer of geoes word en kan opsetlik of per ongeluk gemeng word as gevolg van hul ooreenkoms.

Twee Hooftipes:

Wetenskaplike naam: Salvia officinalis
Algemene naam: Salie of Dalmatian Salie
Hierdie salie is die gewildste met die sterkste reuk en olie eienskappe, waarvoor die plante gekweek word.
En
Wetenskaplike naam: Salvia Triloba
Algemene naam: Mediterreense Salie of Wilde Salie
Dit word hoofsaaklik verbou in Europa en groei wild daar.

Plant Beskrywing

Die Salie plant is semi-gehard en kan tot ongeveer 700 mm in hoogte groei. Die plant is 'n immergroen struik met grys-groen blare met 'n silwer skynsel. Hulle produseer blou, pers of wit blomme. 

Gebruike

Salie in beide sy vars en gedroogde vorm word in kos geregte gebruik vir sy aroma. Die ander gebruik is vir die produksie van essensiële olies. Die blare het die hoogste gehalte olies en beide gedroogde salie en die olies word op groot skaal in die verwerkte vleisbedryf as geur en preserveermiddel gebruik.

Dit word beskou as 'n antioksidant en word ook gebruik deur die parfuum industrie as 'n insekweerder. Salie het 'n wye verskeidenheid van beweerde gesondheid en genesende vermoëns, soos vir die simptome van verkoue en griep, 'n seer keel of koors. Salie tee is ook goed vir koors en algemene lyfpyn.

Grondvereistes en Voorbereiding

Salie groei goed in goed gedreineerde leemgrond en groei in 'n wye pH-gebied van tussen 5 en 8 maar. Dit groei wel die beste in grond met 'n pH balans van tussen 6.5 en 7. Voordat enige grondvoorbereiding gedoen word, moet 'n grondmonster geneem en gestuur word na 'n laboratorium vir analise en voedingstowwe aanbevelings

Grond moet gespit word om die grondprofiel tot sowat 600 mm diep los te maak om goeie dreinering te verseker. Die kalk om die moontlike pH reg te stel en die mis of kompos moet toegepas en geploeg word in die boonste 400 mm grondlaag so vier tot vyf weke voor aanplanting. In die laaste dae voor daar geplant word moet die nodige spoorelemente en 'n gebalanseerde voorplanting van kunsmis in die grond geploeg word, in die boonste 20 cm van die grond. Dit sal sorg dat enige onkruid tot niet gemaak word. Deklaagbewerking en die spit van riwwe word ook op hierdie stadium gedoen en die saadbeddings word nou voorberei vir aanplanting. 

Klimaat

Salie is 'n geharde, immergroen plant wat in droë, gematigde klimaat groei en die beste presteer in temperature van tussen 20°C en 30°C. Dit is ook verdraagsaam teen ryp en in gematigde winters pas dit goed aan. Oormatige koue sal egter die plant doodmaak tensy dit nie beskerm word nie.

Kultivare

Daar is twee hoof tipes van Salie wat kommersieel geoes word, nl: Salie en Mediterreense Salie.

Die kultivars wat die mees algemeenste geplant word vir menslike gebruik is: Alba, Albiflora, Aurea, Berggarten, Extrakta, Icterina, Lavandulaefolia, Purpurascens, Purpurea en Tricolor.

Translated by Wilma Koeppen