Hoe om Saaiboerdery te Begin

© Glenneis Kriel

Voordat 'n boer hul saaiboerdery kan begin, moet hulle kyk na beskikbare hulpbronne - water, grond, fondse en arbeid. Dit sal die tipe gewas, planttyd en grootte van die plant beïnvloed.

Die boer moet ook besluit waarvoor die oes gebruik sal word bv. om gronderosie te voorkom, grond gesondheid te verbeter, as 'n voer vir vee, as menslike voedsel, vir uitvoer of plaaslike produksie of as 'n kontantgewas? Natuurlik sal parameters soos die tipe klimaat, toeganklikheid tot markte, toerusting en aanbod ook 'n invloed op die akkerbou en besluite daaroor hê.

Hulpbronne vir Saaiboerdery

© Glenneis Kriel

Water
Die bepaling van watter gewas geplant word sal afhang van wat reeds beskikbaar is. Is daar water vir besproeiing, besproeiingstoerusting, 'n boorgat of natuurlike water soos gereelde reënval? Wat is die kwaliteit van die water, hoe konsekwent is die watervoorsiening en sal die oes aanpasbaar wees by die waterbron?

Land en Grond 
Watter grootte stuk grond is beskikbaar? Is dit toeganklik vir arbeid of masjinerie en wat is die grondtipe? 'n Grond toets om die grondtipe te bepaal asook die voedingstofinhoud van die grond en algemene vrugbaarheid en geskiktheid vir akkerbou is noodsaaklik. Oorweeg om die land in kleiner erwe te verdeel en te omhein om rotasie weiding toe te laat en om diefstal en toegang deur bure se diere en mense te verminder. 

Fondse 
Watter fondse is beskikbaar om 'n gewas te plant? Hoe kapitaalintensief sal 'n oes wees en hoeveel tyd sal verloop voordat 'n oes bemark kan word? Vergelyk byvoorbeeld die koste van 'n olyf boord wat 'n paar jaar sal neem om 'n wins te toon met die koste van die stigting van 'n hektaar van verskillende groente wat dwarsdeur die jaar geoes kan word. 'n Sterk sakeplan is noodsaaklik om toegang tot fondse soos 'n lening of toekennings in die hande te kry

Arbeid 
Sal akkerbou op jou plaas handearbeid vereis of is masjinerie beskikbaar? As personeel beskikbaar is, sal die saaiboerdery oorvleuel met ander aspekte van boerdery? Is masjinerie beskikbaar of kan masjinerie gehuur word? As dit so is, bepaal dan brandstofkoste, lone en spesifieke vaardighede soos drywers wat jy benodig vir jou spesifieke gewas.

Watter Gewasse om te Plant

Besluite oor watter gewasse om te plant kan ingewikkeld wees en die raad van 'n saadverskaffer of landbou-ekonoom kan waardevol wees.

Klimaat vs Gewasse
Jou plaas se klimaat, grondtipe en reënval sal die sukses van die gewas bepaal. Sorghum en broodmanna is byvoorbeeld droogtebestande gewasse wat geskik is vir mens en dier voer, terwyl 'n vogtige klimaat liewers piesang en suikerriet produksie sal bevoordeel.

Gewasse se Gebruike
In 'n ideale situasie sal 'n oes die grond verbeter, kos verskaf vir diere en mense en 'n inkomste bied. Gewasse kan ook geplant word tussen-in permanente gewasse (soos vrugtebome) om grond op hellings te stabiliseer en om water penetrasie in die grond te verbeter.

Peulgewasse soos swartbekboontjies verhoog die stikstof in die grond. Dit is 'n uitstekende dekgewas, bied weiding of hooi vir diere en kan geoes word vir sy proteïenryke blare en sade wat deur die mens geëet kan word. Net so is sorghum 'n droogtebestande gewas wat organiese materiaal in die grond verhoog, kan bewei word deur diere en geoes word vir sy graan om hooi te maak of kan vir die maak van bio-etanolproduksies gebruik word.

Pryse van Gewasse
In 'n verslag genaamd 'Vooruitsigte van Landbouproduksie, verbruik, pryse en handel in Suid-Afrika vir 2018-2027' wat uitgegee is deur die Buro vir Voedsel en Landboubeleid (BFAP) is, word daar tendense vir gewasse in Suid-Afrika voorspel.

Onlangse aanplantings van akkerbougewasse in Suid-Afrika weerspieël beduidende veranderinge in gewasse wat geplant word. Dit het getoon dat gewasse soos geelmielies (hoofsaaklik as 'n veevoer) en sojabone besig is om uit te brei meestal ten koste van witmielies wat hoofsaaklik 'n stapelvoedsel is. Dit is te danke aan beide laer winste vir graanprodusente sowel as die vraag na veevoer korrels omdat boere hiermee die kuddes aanvul na die onlangse droogte.

Insetkoste van die Vervaardiging van Gewasse

Die Buro vir Voedsel en Landboubeleid (BFAP) voorspel ook dat tussen 2018-2027 stygende oliepryse en 'n depresiërende wisselkoers van die Suid-Afrikaanse rand in verhouding tot ander geldeenhede die boerdery insetkoste van kunsmis en brandstof sal toeneem. So doeltreffende gebruike van beide bronne kan koste verminder.

Deur peulgewasse in weiding te inkorporeer of met kontantgewasse te meng kan help met die bou van stikstof reserwes in die grond en kan sodoende stikstof-bemesting koste verminder. Net so kan met behulp van oesreste om kompos te maak en die toepassing van deklae vog se vermoë in die grond behou en besproeiing koste verminder word.

Translated by Wilma Koeppen