River Crinum
Rivierlelie

Naam

Rivierlelie of Sabielelie

Latynse naam

Crinum macowanii

Beskrywing

'n Sterk lelie met donkergroen, bandagtige blare met golwerige randte. Sneeuwit of ligpienk, klokvormige blomme verskyn vroeg in die somer. Die knoppe het pienk strepe.

Habitat

Groei in 'n wye verskeidenheid habitatte regoor Suid-Afrika.

Veldnotas

Die plant word in 'n wye verskeidenheid medisinale samestellings gebruik, alhoewel sommige van die plante giftig is.