Rekordhouding in Konynboerdery

© Karoline Steenekamp

Oorsig

In enige besigheid beteken rekordhouding die verskil tussen mislukking en sukses van die onderneming. Dis noodsaaklik om rekord te hou van alle onkostes en inkomstes van die besigheid – en verstaan dat enige boerderybedrywigheid ‘n besigheid is. Soms is dit ‘n baie klein besigheidjie, maar soms kan dit ‘n baie groot besigheid word met deeglike rekordhouding. Selfs vir ‘n konynboerdey met net vier of vyf wyfies is ‘n basiese rekorhoudingsisteem noodsaaklik.

Alle geld wat aan die besigjeid bestee word moet aangeteken word. Dit sluit in die koste van die konyne, die hokke, bestuurstoerusting en voer.

Geld wat inkom vir die verkoop van diere of produkte moet aangeteken word.

Enige aksie rakende die teelprogram moet aangeteken word. Niks is erger as om te vergeet om vir ‘n wyfie ‘n neskas te gee en die volgende oggend yskoue, dooie kleintjies op die vloer te vind nie.

Rekordhouding van speendatums is noodsaaklik.

©Judy Stuart

Hokkaarte

Elke hok behoort genommer te wees en elke hok moet ‘n kaart hê. Dit moet so geplaas wees dat die konyn nie daaraan kan kou nie en ook beskerm wees teen nattigheid en vuilheid. Dit kan ook in ‘n lêer geplaas word sodat dit daagliks geraadpleeg kan word.
Op die hokkaart word alles neergeskryf wat met die spesifieke konyn gebeur, soos paringsdatum, geboortedatum, en aantal kleintjies gebore. Sorg vir ‘n hele aantal kolomme sodat rekord gehou kan word van aantal kleintjies in die nes op dag 2, 6, 14 tot spening. Sorg ook vir ‘n kolom vir ‘pleeg’konyne wat by die nes gevoeg word. Die naam of nommer van die mannetjie wat gebruik is moet ook op die kaart wees. (Sien voorbeeld van hokkaart).
Hou ook aantekeninge in die lêer van datums waarop mediese behandeling toegedien is asook die knip van naels, oorinspeksies ens. Dis goed om ‘n oog te hou oor die gewig van teeldiere sowel as kleintjies en dié inligting ook in die lêer te hou.
Slagdatums moet aangeteken word asook die gewig van ‘n konyn voor en nadat dit geslag is.
Rekenaargebaseerde rekordhoudingsisteme is beskikbaar, maar is slegs noodsaaklik in groot konynboerderye.

Translated by Elna Van Rhyn