Reënwater Versamelingstelsels

© ICARDA

Daar is drie stelsels vir die bymekaarmaak van reënwater. Makro-opvangsgebiede is die versameling van reënwater wat buite die plaas gebeur. Mikro-opvangsgebiede is die versameling van reënwater wat afloop op die plaas, terwyl dak mikro-opvangsgebiede, die versameling is van reënwater wat vanaf die dakke van geboue kom.

Makro-Opvangsgebiede

Dit is reënwater wat opgegaar het vanuit afloop gebiede rondom die plaas of erf. Water kan vertraag en gekanaliseer word in die terrasse in, soos die jessours dit gebruik in Tunisië. Hierdie terrasse vind mens in gebiede met steil hellings waar die jaarlikse reënval tussen 100 - 200 mm is. Opgegaarde reënwater kan die beskikbare water verhoog tot die ekwivalent van 400-500 mm reën per jaar. Klipmure wat vlak komme of damme vorm, en 'n sleephelling het om oortollige water vry te laat is kenmerke van makro-opvanggebied stelsels. Enige oortollige water kan gestoor word. Ander voordele sluit die herlaaiing van grondwater en vloed beheer in.

Mikro-Opvangsgebiede

©Natural Resources Conservation Service (U.S. Department of Agriculture)

Reënwater word versamel uit stroke van die veld en kort lengtes van opvangsgebiede. In die praktyk word dit gedoen deur die skep van vlak komme en klein putte op hellings om water in te versamel. Alle water word in die grond geberg. Hierdie stelsel verminder die afloop van water van die veld en verhoed gronderosie.

Mikro-Opvangsgebiede op Dakke

Reënwater word versamel van 'n dak en gekanaliseer via geute of pype na 'n opgaartenk. ʼn Kraan is gewoonlik gekoppel aan die tenk. Water is onmiddellik beskikbaar vir huishoudelike gebruik.

Die Beste Reënwater Opgaringstegniek

Die in-veld reënwater opgaringstegniek (IRWH) is ontwikkel deur navorsers van die Instituut van Landbounavorsingsraad se Instituut vir Grond, Klimaat en Water in Bloemfontein.

Die IRWH tegniek bestaan ​​uit 2 m-wye stroke tussen alternatiewe rye gewasse en die storing van die afloopwater in die komme of klein vlak dammetjies. Na afloop van die komme wat gebou is, word daar geen verbouing en geen bewerking - ploeg en losmaak van die grond - gedoen op die afloop area nie,en dan vorm 'n kors wat die afloop van water verhoog. Op hierdie manier dring water diep binne in die grond onder die oppervlak laag in, wat dus die vermindering van verdamping teweegbring.

Hierdie reënwateropgarings tegniek kombineer die landboupraktyke van water opgaar, geen bewerking, bak bewerking en deklaagbewerking op droogte-risiko kleigrond. Bak bewerking beteken dat die grond losgemaak word in die gebiede waar die water ingesamel word, byvoorbeeld in vlak damme. Dit kan gedoen word met 'n hark en sal verseker dat die water maklik in die gron geabsorbeer word.

Die IRWH tegniek kan die totale afloopwater na nul verminder en dit verminder ook verdamping vanaf die grondoppervlak. Dit lei tot verhoogde opbrengste as gevolg van meer water wat in die plante se wortelsone voorkom. Navorsing by Thaba Nchu in die Vrystaat het gevind dat die IRWH tegniek die opbrengs van somergewasse: mielies met 40%, sonneblom deur 30% en droëbone met 90% verhoog.

Daar word aanbeveel om 'n deklaag neer te lê op die afloop area om te verhoed dat die grond saam met die water wegloop.

Voordele van In-Land Reënwater Opgaringstegniek

Voordele van die kom area:
Stop die afloop van water in die veld
Verminder waterinfiltrasie 
Stoor opgaarwater in die grondprofiel
Die verskaf van deklae in komme verminder

Voordele van die afloop area:
Bevorder afloopwater in die veld
Dien as 'n sekondêre water stoorfasiliteit 
Aanwend van deklae op die afloop area verhoed en verminder verdamping

Vereistes van In-land Reënwater Opgaringstegniek - IRWH

In-veld reënwateropgaringstegniek is nie geskik op sanderige grond nie en is die beste vir gebruik op kleigrond of grond van kontrasterende lae met klei-inhoud. Om die klei-inhoud te bepaal, rol 'n stuk grond in 'n wurm vorm en probeer om dit te vou in 'n C.

Die helling moet nie meer as 8% en nie-onderhewig aan gronderosie wees nie, (soos klipperige grond) en die jaarlikse reënval moet tussen 450 en 700 mm wees.

Translated by Wilma Koeppen