Pruimedante

Produk Oorsig

©Louise Brodie

Pruimedante, Prunus domestica, is verskillende variëteite van die Europese Pruim. Pruimedante verwys oor die algemeen na die gedroogde pruime of die pruim variëteite wat geskik is om te droog. Die pruimedant variëteite wat gebruik word vir droog dra kleiner vrugte wat makliker is om te droog. Pruimedante word wêreldwyd geproduseer uit meer as 100 verskillende spesies. Volle ekonomiese opbrengste word normaalweg by jaar 5 van die aanplant daarvan bereik. Dit is belangrik om produksie te beheer sodat hierdie bome nie te veel vrugte een jaar dra nie wat sal lei tot laer produksie die volgende seisoen.

Voorbereiding of Hantering

Die pruimedante word gepluk by optimum rypheid vir droogmaak wanneer hulle tussen 3 en 4-pond druk bereik. Die suiker is dan op sy beste voor die vrugte oorryp kan word en die vrugte van die bome begin val. Dit is moeilik om die vrugte almal by die optimum stadium geoes te kry. As goeie beheer oor die oes beoefen is dan moet die vrugte van goeie grootte wees en eenvormige rypwording moet geskied. Dit is noodsaaklik om genoeg oes kapasiteit te hê of dit nou meganiese of met die hand geskied. Dit is ook noodsaaklik dat daar genoeg droogmaak kapasiteit naby aan die produksie-area is.

Globale Produksie

Die grootste produsent van pruimedante is die VSA met die meeste van die pruimedante wat in Kalifornië geproduseer word alhoewel die VSA produksie die afgelope paar jaar gedaal het. Ander lande wat aansienlike gewasse produseer is Chili wat sowat 100 000 ton droë pruimedante produseer en Frankryk en Argentinië. Suid-Afrika is 'n baie kleiner produsent.

Suid Afrikaanse Produksie

©Louise Brodie

Die meeste van die Suid-Afrikaanse pruimedante word in die Wes-Kaap geproduseer. Suid-Afrikaanse produksie het met twee derdes oor die afgelope veertig jaar gekrimp met minder as 1000 ton gedroogde pruimedante wat per jaar die afgelope paar jaar geproduseer word. Daar is egter hernieude belangstelling om dié bedryf te laat groei om die nuwe opkomende Afrika-markte te ontgin.

Gebruike

Pruimedante word gebruik in talle geregte om dit te versoet. Hulle is 'n goeie bron van vitamien K en word ook gebruik as 'n ligte lakseermiddel vir hardlywigheid as gevolg van die teenwoordigheid van dieetvesel en sorbitol.

Translated by Wilma Koeppen