Politieke Organisasies van die Venda

© Dr Peter Magubane

Politieke Strukture in Landelike Gebiede

Elemente van tradisionele politieke organisasies bestaan ​​nog in landelike gebiede. Die kleinste eenheid is die huishouding (mudi), 'n familie of 'n groep van families van dieselfde geslag, wat in 'n versameling van rondawels saam leef. Die mudi is onder 'n mukoma, die vader van die mudi se belangrikste familie. Die opvolger van die mukoma is gewoonlik oorerflik  maar formele goedkeuring moet deur die Khosi (koning) van die subgroep waaraan die mudi behoort gegee word.

Die mukoma is verantwoordelik vir orde en regering in die mudi. Sy jurisdiksie is beperk tot minder belangrike sake tussen lede van die mudi en sy voorregte is beperk tot die reg om gehoorsaamheid te verwag,  en gratis arbeid en skenkings van lede van sy mudi. In geregtelike pligte word hy ​​deur sy raad (Khoro) bygestaan.

Die prosedure is informeel en daar is geen stemmery nie: na bespreking oor 'n onderwerp uitgeput is bereik die mukoma 'n besluit en gee 'n uitspraak, wat ooreenstem met die meerderheid van die mense se gevoel. Stem hy teen die Khoro sal hy probeer om hulle van sy siening te oorreed. So nie word die saak na 'n hoër gesag verwys. Dit gebeur selde omdat die Venda se stelsel buigsaam is en gekenmerk word deur 'n sterk begeerte om konfrontasie te vermy.

Verskeie eenhede (midi) vorm 'n kavhelo onder 'n hoofman wie se voorregte, pligte en magte soortgelyk is aan 'n mukoma net op 'n groter skaal. Hy word bygestaan ​​deur rade van die hoofde van die midi, en die ouer manne van sy eie mudi. ʼn Lushaka, mense uit verskillende distrikte onder die gesag van dieselfde Khosi, is die derde vlak en die grootste politieke eenheid in die Venda samelewing. Vandag kan tradisionele dorpies met klipmure onder kranse gevind word.

Tipies woon die koning op die hoogste deel van die dorp, met sy vroue en familie aan die voorkant van hom. Ander beset die laer en omliggende gebiede en dien as beskerming vir die Khosi en sy vroue. Die ingang na die koning se residensiële afdeling is aangrensend aan die Khoro (openbare hof) en toegang tot die koning veral deur vreemdelinge is beperk. Na toestemming verleen is om hom te sien word die vreemdeling deur kronkel gange en trappe na die groot rondawel wat die vergader plek is geneem.

Die Koning se Gesag

Tradisioneel het 'n koning groot mag en invloed en sy sekulêre gesag is gegrond in geestelike krag. Hy nader die voorvaders namens die nasie. Dit is die hoogtepunt van 'n piramide waarin die mukoma die voorvaders namens die huishouding kan nader.

Daar is geglo dat die koning die hoëpriester was maar ​​ons verstaan nou die posisie beter. In die tradisionele samelewing is die baie jong en die oues groot respek en eer verleen: die jonges was nog naby aan die voorvaders en die oues was op die punt om weer by hulle aan te sluit en ook voorouers te raak.

As 'n uitbreiding van hierdie is die Khosi 'n lewende stamvader. Hy moes benader word deur op hulle hande en knieë na hom toe te kruip. Hy het almal neerhaled in die tweede persoon enkelvoud aangespreek maar hy moes in die beleefde derde persoon meervoud aangespreek word.

Onderskeid  is ook getref tussen die koning en sy mense in die benaming van voorwerpe en aksies wat verband hou met die koning. Byvoorbeeld as die koning dronk was sou mense sê  hy het in 'n poel water geval. Mense sal ook nie na 'n koning se dood direk verwys nie maar sou sê; die poel het nie meer water nie. Die taal wat in sy musanda (koninklike hoofstad) gepraat is was hoogs simboliese en verskil van dié wat deur gewone mense gepraat is.

Omdat hy as semi-goddelike beskou is, is hy geprys vir enigiets wat hy gedoen het maak nie saak hoe aards nie bv. - hoes, drink van bier en selfs spoeg. Dit was nie ongewoon vir 'n koning om soos hy oud word 'n plegtige eensame dans (u pembela) uit te voer  wat hom verander in 'n god (Mudzimu) nie.

Die Khosi was kragtig maar nie 'n tiraniese despoot nie en moes funksioneer binne die wette en gebruike van die gemeenskap. Slegs in uitsonderlike omstandighede kon hy afwyk maar hierdie moes deur sy raad goedgekeur word. Mahosi was magteloos binne taboe en ritueel om veranderinge aan te bring sonder die goedkeuring van die mense.

Sommige rituele is onder toesig van Khosi se hoof suster (Makhadzi) gesien wat verseker het dat die tradisie gevolg is. In die verlede is konings in hul funksies bygestaan ​​deur 'n raad van die magota en dzinduna, sowel as die vhakoma (broers en neef-broers van die koning) wat naaste aan sy paleis of Groot paleis geleef het. Konings wat probeer het om te ver af te wyk van gevestigde tradisies het die risiko om deur die wyer koninklike familie vergiftig te word of om met hulle voete te stem en weg te beweeg na die gebied en heerskappy van 'n ander regeerder.

Translated by Wilma Koeppen