Politieke Organisasie van die Pedi

© Dr Peter Magubane

Pedi-owerheid

Die Pedi het die botoon gevoer oor die grootste deel van die gebied omring deur die Limpopo, Vaal en Komati riviere.  Hulle mag was gesentraliseer in wat vandag bekend staan ​​as Sekhukhuneland, die Pedi se hartland tussen die Olifants en Steelpoortrivier. Alhoewel ondergeskikte groepe skynbaar outonomie geniet het, is sosiale beheer in stand gehou deur die Pedi gesag. Die Pedi het aangedring dat onderhoofmanne hulle hoof vrouens van die regerende dinastie moet neem.

Oor geslagte het dit ontwikkel in 'n stelsel waarin die seun en erfgenaam van 'n onderhoof verplig was om met 'n niggie te trou, en om 'n opgeblase bruidskat vir hierdie voorreg aan die Maroteng te betaal. Pedi regeerders en hoofmanne was dus verbind tot 'n verhouding van ongelykheid. Bykomend tot die bruidskat was daar van onderhoofmanne verwag om hulde aan die Hoofman op ander maniere as betaling ook te bring en om hom ingelig te hou oor al die belangrike gebeurtenisse soos die inhuldiging van inisiasies.

In die teorie was die Hoofman se hof  een van appèl vir ondergeskikte volkere, maar in die praktyk was sy jurisdiksie geneig om beperk te word tot politieke kwessies, soos die verhouding tussen groepe, grens geskille en opvolging van die hoofmanskap. Kommunikasie tussen die hoofman en onderhoofmanne het plaasgevind deur middel van 'n uitgebreide stelsel van tussengangers (batseta).

Translated by Wilma Koeppen