Pluimvee Behuisingswenke

© Chris Daly

Voordat jy ’n pluimveebedryf begin, oorweeg die munisipale wetgewings oor diereproduksie in jou streek. Hierdie wetgewings verskil van een munisipaliteit na 'n ander en reguleer die aantal voëls en toestande waaronder voëls gehou kan word.
Daar sal, byvoorbeeld, regulasies wees oor die afstand wat voëls van eiendomslyne, huise en strate gehou moet word en hoe afval en siek diere behandel moet word.

As jy net toegang tot landbougrond het, kan jy nie outomaties pluimvee produseer nie. As daar nog nooit 'n kommersiële pluimvee-operasie op die plaas was nie, kan 'n omgewingsimpakstudie nodig wees om te bepaal hoe produksie die omgewing gaan beïnvloed.
Daar kan ook sekere reëls wees wat nagekom moet word. Hierdie reëls is, byvoorbeeld, dat produksiefasiliteite 'n sekere afstand van vrugtepakhuise en varkplase moet wees.

Fisiese Benodighede

©Chris Daly
Die behuising kan in die vorm van 'n permanente of mobiele struktuur wees. Gesondheid en welsyn van die hoenders moet die primêre fokus wees wanneer 'n struktuur ontwerp of gebou word.
Ideaal gesproke moet dit roofdiere uithou, hoenders teen die elemente beskerm, hoenders se gemak verhoog, maklik wees om skoon te maak en produksiebestuur vergemaklik. Dit moet ook netjies en goed onderhou word om konflik met bure te vermy.

Versigtige beplanning en ontwerp is nodig om 'n permanente struktuur op te stel, sodat voordeel uit die natuurlike omgewingstoestande getrek kan word.
Vir 'n eweredige hitteverdeling kan dit, byvoorbeeld, sin maak om die gebou te bou sodat die langer kante noord en suid kyk, terwyl die korter kante oos en wes kyk. Die gebou moet ook verkieslik op 'n helling gebou word om dreineringsprobleme te voorkom.

Vir beide mobiele en permanente strukture is dit belangrik om voldoende ventilasie te verseker. In natuurlik geventileerde strukture, wat aansienlik goedkoper as geslote stelsels is, moet daar vensters wees met gordyne wat oop en naby is om temperature binne die struktuur te beheer.
Die vensters kan met gaas bedek wees om wilde voëls, wat siektes dra, uit te hou.

Grootte Tel

©Chris Daly
Die grootte van die huis moet ook oorweeg word. As jy jou spasie nie optimaal gebruik nie, sal produksiekoste vermeerder word. Dit is beter om klein te begin en addisionele huise te bou soos wat produksie toeneem.

Volgens die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging se verkorte praktykskode moet lêhenne, ouer as agtien weke, in 'n hokstelsel elkeen toegang tot minstens 450 cm² van die ruimte hê, terwyl nie meer as 10 lêhenne per vierkante meter toegelaat word in 'n vrylopende-sisteem of skuur stelsel nie.

Met braaikuikenproduksie mag die voëldigtheid nie 40kg per vierkante meter in 'n vloersisteem oorskry nie, terwyl voëls ouer as 4 weke in 'n hokstelsel toegang tot minstens 450 cm per voël moet hê.
’n Digtheid van nie meer as 15 volwasse braaikuikens per vierkante meter word in 'n vrylopende of skuurstelsel toegelaat nie. Die hoogte van hokke en behuisingstrukture moet die vrye kopbeweging van staande hoenders toelaat.

Met mobiele stelsels is dit belangrik om die strukture te verskuif om oorbeweiding te voorkom. Dit gee beweide gebiede genoeg tyd om te herstel voordat die struktuur na dieselfde plek terugbesorg word.

Translated by Nina Joubert