Pluimvee Beddegoed

© Chris Daly

Meeste pluimvee voëls word groot gemaak op ’n laag beddegoed wat gesprei word oor die vloer. As dit reg hanteer word, help beddegoed voëls se welsyn en gesondheid deur die vloer te versag en insulasie teen die koue te bied. Dit absorbeer ook vog wat nie net help om die voëls droog te hou nie, maar verminder ook hul kontak met mis, wat andersins blase, velbrande en inflammasie veroorsaak. (Lees meer oor Vloerbestuur hier.)

Watter Materiaal?

©Chris Daly

Verskeie faktore moet in ag geneem word wanneer die beddegoed se materiaal gekies word. Koste is ’n belangrike oorweging, omdat dit ’n direkte invloed op die winsgewendheid van ’n pluimvee besigheid het. Denne- en ander saagsels is die mees gekose materiaal, maar kan beperk wees en duur wees in sekere areas. Rysdoppe kan ook goeie materiaal wees as dit beskikbaar is teen ’n bekostigbare prys.
Boere moet egter nie vaskyk in die prys van materiaal nie, omdat saagsels wat gemaak is van beter materiaal kan opmaak vir die aanvanklike prys verskil tussen sekere produkte. Die impak van vervoerkoste op die algehele prys moet ook ingedagte gehou word. Die meeste boerderye gebruik materiaal wat maklik bekombaar is naby hul plase.
Voëls kan tonne en tonne mis genereer, so die weggooibaarheid van die materiaal moet ook in ag geneem word. Pluimvee afval – die mengsel van beddegoed mis en vere – maak goeie komposmateriaal. Sommige boere verkoop dit as kunsmis, terwyl ander dit weer gebruik om hul eie grond se vrugbaarheid te verhoog in hul groentetuin of velde te gebruik. Om as kunsmis te gebruik moet die beddegoed materiaal bio-afbreekbaar wees; in ander woorde dit moet maklik kan afbreek.
Alhoewel dit teen die wet is om pluimvee afval as diere kos te verkoop, is die materiaal ’n relatiewe goedkoop bron van nie-proteïen nitrogeen vir herkouers soos koeie, bokke en skape. Die afval moet goed na omgesien word en geprosesseer word om gesondheid risiko’s aan herkouers, en mense, te verminder. Dit moet ook maklik verteerbaar wees, vry van glas, metale, toksiese stowwe, vreemde materiale, dooie karkasse, muise en rotte en diere proteïne wees.
Diere wat die voer ontvang moet gereeld teen botulisme, ’n fatale bakteriese siekte wat spierverlamming veroorsaak, ingeënt word. 

Wanneer daar gekyk word na die fisiese eienskappe van die materiaal moet dit:

  • Hoogs absorberend en vinnig droog word. Nat afval sal blase op die bors, voet brande en verwerpte karkasse veroorsaak. Dit sal ook ’n oortollige hoeveelheid ammoniak bevat, wat die groei van skadelike bakterieë en fungi aanmoedig. Die ideaal is om ’n afval vogvlakke van tussen 21% en 25% te behou. As dit saam klou soos ’n bal is dit te nat. As dit net effens aanmekaar vas sit, is dit goed. As dit glad nie aanmekaar vas sit nie, is dit te droog.
  • lig en maklik om te hanteer. Die materiaal moet gereeld gedraai word en hanteer word in ’n manier wat koek en oortollige vog verhoed.
  • vry van toksien, glas, metale en ander vreemde materiaal wat gesondheidsgevare kan inhou. Sommige hout bevat swamme wat skadelik is vir voëls. Grondboontjiedoppies is goedkoop beddegoed materiaal, maar kan skadelike plaagdoders bevat wat die hoenders kan siek maak.
  • goeie insulasie eienskappe om kuikens teen die koue te beskerm. Sand is nie ’n goeie opsie nie, omdat dit swak termiese geleidingsvermoë het en voëls sukkel om daarin te beweeg as dit te diep gesprei is.
  • medium grootte deeltjies. Enige iets groter as 30 mm, soos gebreekte mieliestronke en houtskerwe, kan die voëls se voete en borste seermaak en kan daarom uiteindelik na swakker gehalte lei. Materiaal kleiner as 2 mm, soos saagsels of fyn gekapte koring, strooi of hooi, aan die anderkant, produseer stof wat skadelik kan wees vir die voël en menslike gesondheid.

Translated by Nina Joubert