Wat is ‘n Plaasinventaris?

© Eric Miller

‘n Plaasinventaris is ‘n lys bates – enigiets van waarde – wat verkoop kan word. Die inventarislys kan die prys van die item, die waarde van die voorraad, die jaar toe dit gekoop is, die verwagte leeftyd en die depresiasiewaarde insluit.

Hoe om ‘n Inverntaris te Maak

‘n In ventaris word gewoonlik eenmaal per jaar gemaak en behels dat alles op die plaas, insluitend hektaar grond, tonne graan in voorraad, diere ens. getel word. Die inventaris sal ook die Randwaarde van alle bates insluit.

Loop rond op die plaas en doen ‘n algemene inspeksie van plaasbates. Maak ‘n lys op ‘n spreikaart van items binne hoofkategorieë soos geboue, grond, masjinerie, toerusting, en boerderyvoorrade.

Detail op ‘n Plaasinventaris

‘n Inventaris bevat gewoonlik die volgende besonderhede:
Grootte van die plaas, die reg tot eienaarskap, die grootte van die grond wat vir landbou aangewend word en ‘n waardasie van die produksie-eenheid.
Beskrywing en waardasie van vaste verbeteringe soos ‘n nuwe boorgat of ‘n dak.
Voertuie, masjinerie en toerusting, sowel as aantal, tipes en modelle.
Aantal en tipes vee.
Verhandelbare voorraad, plaasvoorraad en produksieinsette soos saad, kunsmis.
Voltooide en semi-voltooide produkte aan die begin en aan die einde van die finansiële jaar.

Dui die volgende aan in afsonderlike kolomme van die inventaris:
Die jaar waarin elke item aangekoop is.
Die aankoopprys van elke item.
Die verwagte teeftyd van masjinerie/toerusting.
Bereken dan die jaarlikse depresiasie van elke item deur die reguitlynmetode of die waardeverminderingsmetode te gebruik.

Verwagte Leeftyd van Toerusting

Hieronder is die verwagte leeftye van sommige masjinerie en toerusting wat op ‘n plaas gebruik word. Tussen hakies is die vervangingswaarde as ‘n persentasie van die aankoopprys – die waarde van die item aan die einde van sy leeftyd.
Voertuie – 5 jaar (10%)
Trekkers – 10 jaar (10%)
Implemente – 10 jaar (10%)
Gereedskap – (0%)
Pompe en elektriese motors – 15 jaar (0%)

Translated by Elna Van Rhyn