Wat is Plaasbestuur?

© Courtesy of National Pork Board and the Pork Checkoff. Des Moines, IA USA.

In boerdery moet boere konstant aanpas by veranderende omstandighede. Hierdie veranderende omstandighede kan fluktuerende pryse van brandstof, saad, verpakking en voer, nuwe besluite geneem en geïmplementeer deur die regering, veranderde marktoestande en nuwe produksiemetodes. Goeie plaasbestuur stel die boer in staat om beter te reageer op hierdie veranderinge sodat kostes bestuur, risiko’s so klein as moontlik, en winste so groot as moontlik gemaak kan word.

Die Boer as Bestuurder

Die boer het twee hoofrolle, as bestuurder van die plaas, maar ook as ‘n ontwikkelaar. Die ontwikkelingsvaardighede van die boer is meer fisies, maar die bestuuur van die plaas draai om beplanning, besluitneming en die implementering van planne en besluite.

Om ‘n plaas te bestuur moet die boer doelwitte stel, beplan hoe om hierdie doelwitte te bereik, hierdie planne implementeer, die bronne organiseer – personeel, geld, tyd, grond – en die hele proses beheer.

Die belangrikste aspek van plaasbestuur is besluitneming. Besluitneming kan behels watter gewas om te plant, wanneer om te besproei, waar om vee aan te koop, wanneer om te verkoop, aan watter mark om te voorsien, watter tegnologie die beste is om te gebruik en hoe om beskikbare arbeid toe te wys aan boerderybedrywighede.

Aktiwiteite van Plaasbestuur

Plaasbestuur kan die volgende aktiwiteite insluit:

Identifisering van probleme en geleenthede.
Die kies van moontlike oplossing.
Implementering van ‘n plan.
Koördinering van aktiwiteite om beplanningsdoelwitte te bereik.
Evaluering van die resultate van die plan.

Inligtingsisteme vir Plaasbestuur

Om hul plase te bestuur, het boere inligtingsisteme nodig. Waar kry boere inligting oor hul plase? Plaasinligting kan kom vanaf twee bronne, van buite die plaas (ekstern) en vanaf die plaas self (intern).

Eksterne bronne van inligting sluit in boerderywebtuistes, plaas toepassings (apps), tydskrifartikels, boeredae, studiegroepe, konsultante en koöperasies.

Interne bronne sluit in die plaas se eie rekords en finansiële state – twee verdere redes waarom rekordhouding op ‘n plaas so belangrik is.

Plaasrekords bestaan gewoonlik uit dokumente soos ‘n fisiese inventaris, ‘n rekord van geld wat geskuld word aan die plaas/boerdery sowel as geld wat betaal moet word, kwitansies van uitgawes en fisies produksierekords.

Waarom is Boerderyinligting Belangrik?

Boerderyinligting is noodsaaklik om die prestasie en vooruitgang van ‘n boerdery oor tyd te meet. Hierdie inligting skep ‘n basis om die huidige boerderyprestasie met vorige jare te vergelyk. Die beskikbaarheid van boerderyrekords en inligting kan boere help om doelwitte te stel en die plaas se finansiële posisie te evalueer volgens hierdie doelwitte.

Dit kan die boer help om te bepaal waar die sterkpunte en swakpunte van sy boerdery lê. Rekords wat duidelik en op datum is kan die boer help met belastingbeplanning, ‘n basis skep om aansoek te doen vir krediet of finansiering en om die kontantvloeiposisie van die boerdery te moniteer.

Dit is noodssaklik om streng kontrole oor die finansies van ‘n boerdery te hê ten einde altyd te weet wat gespandeer en gedoen is op enige gegewe tyd van die jaar.

Translated by Elna Van Rhyn