Organiese Beheer van Swamme

© Louise Brodie

Swamme is baie moeiliker om op ’n organiese manier te beheer. Die swamdoders wat op die mark is is nie geskik vir organiese boerdery nie. Kommersiële swamdoders is dikwels kopergebaseerde spuitmiddels.

Nog ‘n metode om swamme te beheer is om voordelige swamme toe te dien. Dit is ’n baie algemene organiese metode. Die voordelige swamme is in ’n oormaat teenwoordig en kompeteer met die nadelige swamme vir kos.

Die voordelige swamme kompeteer dan teen die nadelige swamme en verdryf of roei hulle op dié manier uit. Daar is verskillende tipe swamme wat gebruik kan word, maar die bekendste is Bio-trichio. Dien die swamme op plante en op die grond toe. Byna alle swamme is vatbaar vir swaelpoeier.

‘n Ander middel wat gespuit kan word, is ‘n oplossing van drie eetlepels asyn in een liter water, sê Dr. Victor Whitlock, landboukundige konsultant. ’n Ander algemene beheerpraktyk vir plante wat met swamme besmet is met ‘n melk-en-water mengsel te bespuit.

Hierdie mengsel bestaan uit 1 koppie melk, 4 koppies water en 1 teelepel opwasmiddel. Die melk bevat swamme (goeie swamme) wat dan die skadelike swamme sal uitkompeteer of oorgroei.

Die opwasmiddel help dat die middel aan die blare kleef en nie net afdrup nie. Amerikaanse organiese boere maak algemeen gebruik van voordelige swamme om patogene te beperk, sê Bob Cantisano, adviseur vir Organic Ag Advisors in California.

Mikrobes soos Trichoderma (T. koningii en T. harzianum), Streptomyces griseoviridis en Bacillus subtilis word (as geregistreerde middels) in die wortelsone toegedien of gebruik om sade mee te behandel voor plant.

Dit verhoog voordelige mikrobes in die grond en bevorder groei. Dit word gebruik teen siektes soos Pythium, Rhizoctonia, Botritis, Scelerotinia, Fusarium, Phomopsis, Alternalia en Aspergillus.

Translated by Ananda Schoeman