Opleistelsels

©Louise Brodie
Trellised vines in the winter. The two cordon arms of the vine can be seen running along the cordon wire.

Die wingerd is in rankplant en moet gestut of opgelei word ten einde maksimale produksie van die wingerd te kry of ’n hoë kwaliteit-produk te kan lewer en/om makliker die wingerd te bewerk. Die voordele van die oplei van wingerd sluit in beter ligintensiteit in stokke en beter vrugbaarheid van wingerd-oë.

Dit lei tot die vergroting van blaaroppervlakte en vergemaklik verbouingpraktyke. Optimale benutting van sonlig is belangrik en hoe groter die blaaroppervlak, hoe groter die proses van fotosintese. ’n Noord-Suid ryrigting gee ’n beter benutting van sonlig, maar kan egter in warmer areas ’n sonbrandrisiko inhou. Verskeie prieelstelsels, ook genoem opleistelsels word tans in die bedryf gebruik.

By wyndruiwe word daar veral gebruik gemaak van die volgende vier stelsels: dak, heining, meganiese en alternatiewe stelsels. Tafeldruifopleistels is gewoonlik hoër aangesien dit baie handearbeid vereis en dus die beweging van werkers onder die plant moet akkomodeer.

Die wyn-doelwit bepaal ook die grootte van die opleistelsel: medium tot kleiner stelsels vir hoë kwaliteit en lae opbrengs in ’n koel klimaat; teenoor groter stelsels vir massa of bulkwynproduksie in warmer klimaat. Die algemeenste fout wat gemaak word, is om te klein en goedkoop opleistelsels op te sit wat nie die groeikrag kan akkommodeer nie.

Vestiging van Opleistelsels

©Louise Brodie

Na die grondvoorbereiding en plant van die wingerd, kan daar begin word met die oprigting van die opleistelsel. Die ideaal is om eers die pale en dan die wingerd te plant. Pale en draad is nie altyd vryelik beskikbaar nie en moet vroegtydig bestel word. In Suid-Afrika word daar hoofsaaklik gebruik gemaak van behandelde houtpale vir die oplei van wingerd, maar daar is egter ’n neiging om weg te beweeg van teerpale.

Enkele produsente het reeds begin om beton, plastiek of ysterpale te gebruik. Die ankergate word eerste uitgemerk waarna die ankers vasgesit word en daar met die kop-entpale begin word. Waar sterk wind voorkom moet pale dieper geplant word. Die primêre doel van die anker is om die prieel te anker en te verhoed dat pale omtrek en drade pap hang.

‘n Betonblok as anker of staalpaal (vir klipperige grond) word as anker gebruik. Nadat alle gate vir die pale gegrawe is, kan daar begin word om eers die buitenste ry se pale te plant. Daarna volg die plant van middelste ry se pale in elke ry. Die kop-entpaal of ankerpaal word op die kop-ent van die ry gebruik en word gewoonlik teen ’n hoek na buite geplant.

Die binnepale moet so tussen 45 en 60 cm diep geplant word en paalspasiëring moet verkieslik nie meer as 7 meter wees nie. Ten einde later goeie lowerbestuur toe te pas sodat blare en lote blootgestel word aan die son, word loofdrade benut. Kordon en loofdraad word tussen die binnepale gespan.

Hieraan word die wingerd opgelei en die lote uitgespasieer en vasgemaak aan die loofdraad word ten einde trosse aan lug en lig bloot te stel. Die loofdrade word met ’n gaatjie deur die paal vasgemaak of met ’n krammetjie vasgekap en moet nie styf getrek word totdat ankers eers goed vas is nie. Die span van staaldraad moet verkieslik in die namiddag of slegs wanneer dit warm is, gedoen word. Dit sal verhoed dat die drade verslap wanneer dit warm word.

Translated by Marinda Louw