Die Ntwana Vroue

Etos van die Ntwana

©Dr Peter Magubane

Vrouens weerspieël die toonbeeld van die onveranderlike etos van die Ntwana. Hul maniere van aantrek, die voorwerpe wat hulle produseer en die rituele wat hulle verrig bevorder hul rol as die handhawers van tradisie.

Vrouens was ook verantwoordelik vir die onderhouding van die landelike ekonomie toe verstedeliking geskied het en mas afwesig was van die huis soos hulle in die migrerende arbeidstelsel opgeneem is.

Verdere ondersoek dui dat hierdie feitlik onaangetekende groep en hul identiteit as 'n afsonderlike kultuurgroep is onlosmaaklik gekoppel aan beide die geskiedenis in die verlede en die onlangse geskiedenis van Suid-Afrika.

Tradisionele Klere

©Dr Peter Magubane

Hoewel die vorm van die voorskoot (thetho) wat gedra word deur beide die Ntwana en Pedi vroue identies is, verskil dit in terme van versiering. In teenstelling met Pedi dierevelle wat uitgekerf is met patrone wat met stekies uitgewerk is, is die oppervlak van die Ntwana voorskote gewoonlik glad, behalwe vir die teenwoordigheid van gestandaardiseerde dekoratiewe motiewe.

Afkomstig van bokke of soms beesvel simboliseer die voor en agter voorskote die belangrikste fase van die Ntwana vrou se lewe: haar huwelikstatus en gevolglik haar aanvaarding as 'n volwasse vrou in die gemeenskap. Die voorste voorskoot is yl versier; hul mees herhaalde versiering is die sehlora (eekhoring se stert): 'n roset-agtige motief met konsentriese sirkels gewoonlik versier met wit krale aan die buitekant, swart of blou in die binnekringe, en rooi en wit in die middel.

Die sehlora blyk groot betekenis te hê vir die Ntwana omdat dit voor kom op die meeste van hul tradisionele drag en ook op die kop gedra word.

Die agterste voorskoot (ntepa) wat deur Ntwana vroue gedra word is in 'n omgekeerde V vorm met 'n driehoekige gaping omring deur twee gepunte leer flappe (lekobe). Onder die Pedi is hierdie vorm geïnterpreteer as verteenwoordigend van vroulike genitalieë, maar Ntwana geleerdes glo dit verteenwoordig die agterbene van 'n bok. Beide stel assosiasies met vroulike vrugbaarheid voor. Die klem op Ntwana vroue se sentrale rol in swangerskap vind sy mees sigbare vorm in die gimwane of popenyane - 'n tradisionele vrugbaarheids pop gemaak van gevlegte sisal, wol en krale.

Die vaardighede om hierdie poppe te maak word oorgedra van moeder na dogter. Dogtertjies gee voor dat die poppe nakomeling van hul kêrels is wat uitgenooi word om deel te neem aan 'n dans kompetisie waarvan die uitkoms die leier van die puberteits groep bepaal.

Die jong seuns kom by die huis van een van die meisies bymekaar en plaas elke gimwane in 'n ry. Die “ma’s” en “pa’s” vorm twee rye aan weerskante van die poppe en dans met hul “eggenote”. Die wenner, soos beoordeel deur 'n ouer, ontvang 'n bokvel as 'n trofee. Dikwels neem die ander seuns deel aan 'n skyn geveg wedstryd om die werklike leier onder hulle te bevestig.

Die gekleurde krale heupebande rondom die onderste helfte van die gimwane word gewoonlik in 'n tradisionele kleurpatroon gerangskik: twee wit bande bo-op gevolg deur een rooi, een blou, een pienk en soms een wit band aan die onderkant.

Hierdie kleur rangskikking is min of meer dieselfde wat deur geïnisieerde en getroude Ntwana vroue om hul middellywe gedra word. Wit, rooi en blou of swart is algemene kleure onder die Ntwana as gevolg van hul assosiasies met tipes grond (soos oker vir rooi), wat vermoedelik genesende magte besit.

Vrugbaarheids Poppe

©Dr Peter Magubane

Hoewel die vrugbaarheids poppe geen spesifieke manlike of vroulike geslagte uitwys nie, kan die geslag van 'n paar gimwane bepaal word deur die vorms van hul voorste en agterste voorskote. Manlike gimwane is geneig om vierkantige lende velle te hê, terwyl die vroulike poppe uitgeken kan word aan die V-vormige voorskote wat die ntepana (voorskote wat agter gedra word wat deur ongeïnisieerde Ntwana meisies) dra.

Die tradisionele funksies en minder versiering op die gimwane poppe word toenemend skaarser in teenstelling met die oorvloed van versiering op die meer onlangse poppe wat gemaak is. Dit is hoofsaaklik as gevolg van die feit dat die gimwane nie meer deur kulturele simboliek beïnvloed word nie. Dit het al hoe meer ʼn kommoditeit geword en is aangepas of verander om by die begeerte vir dekoratiwiteit van die mark aan te pas.

Translated by Wilma Koeppen