Ntwana Deurgangsrites

Ntwana Vroue

©Dr Peter Magubane

Die rol van Ntwana vrouens as eggenote en moeders word weerspieël in veranderinge in die tradisionele drag, wat gerda word gedurende verskillende stadiums van ontwikkeling. Die fases is: lesea (baba); mosetsana (meisie); lethumaša (oningewyde meisie); sealogana (oorgangstydperk); mothepa (geïnisieerde meisie); en kgarebe (volwasse tiener). Eers na die huwelik en veral ná die geboorte van haar eerste kind kry 'n Ntwana vrou die status van Mosadi, wat beide vrou en eggenoot beteken.

Grootword Rituele

©Dr Peter Magubane

Oorgang van ouderdomsrituele, troues en begrafnisse word in die agterplase van Ntwana huise waargeneem. Voor die inisiasieseremonies (byale) wat deel vorm van die Koma (die hele inisiasie tydperk) kan plaasvind, ondergaan tienermeisies 'n puberteits ritueel. Dit is 'n private seremonie omdat Ntwana meisies eers amptelike groep status kry ná inisiasie. Tydens inisiasie, soos met die manlike inisiasie, is meisies in 'n toestand van oorgang - nie kinders nie maar ook nie volwassenes nie. Gedurende hierdie tydperk is hulle vatbaar vir verwoestende kragte en word hulle in afsondering gehou.

Wanneer 'n jong meisie begin menstrueer word sy afgesonder vir 'n paar dae. Sy kry dan 'n leer voorskoot (lebole) wat yl versier is met rye van knopies en swaaiende leer tossels om 'n nuwe fase in haar evolusie van kind tot vrou aan te dui. Sy dra ook 'n ntepana,'n kleiner weergawe van 'n getroude vrou se voorskoot wat sy agter dra. Soos die voorskoot is dit gewoonlik versier met knopies en los swaaiende vertikale stringe krale soortgelyk aan dié wat op die agterste voorskote van getroude vroue gedra word.

Die byale word gelei deur die hoofman se vrou, ouer vroue en meisies wat al klaar geïnisieer is. Die proses sluit 'n rituele haarsny in, waarin die meisies se hare in die vorm van 'n fiets sitplek (tlhotshwana) opgedoen word en met houtskool en vet ingevryf word. Hul gesigte word met vet en rooi oker opgemaak. Die meisies kry leer voorskote by hul ma's wat hulle dra met 'n ntepana. Hul borste is ontbloot, hul arms is vol gras armbande (ditokwa) en hulle dra krale (mathala) om hul nekke.

Na die meisies se aanvanklike in-breek periode spandeer hulle 'n maand in 'n eenheid (mphato) waar hulle seksuele en huishoudelike onderrig ontvang. Hulle ondergaan 'n gesimuleerde besnyding en die uitrek van die labia minora. Hierdie stadium word gekenmerk deur sing en dans deur die nag wat die bande tussen die geïnisieerdes bevorder.

Hulle word geleer hoe om vrugbaarheids poppe (gimwane of popenyane) en matte uit rivier gras (legolo) te maak en om plaaslike kalbasse (mogope) te versier. Tydens die finale stadium van hul inisiasie word die meisies boramaswaile genoem en word hulle met as bedek voordat hulle terugkeer huis toe waar hulle die status van kgarebe kry.

Ntwana Seuns

©Dr Peter Magubane

Ntwana seuns se inisiasieproses - soos wat verduur is deur hul vroulike eweknieë - beklemtoon hul oorgangs stadium en berei hulle voor vir hul toekomstige rol in die Ntwana samelewing. Nuut besnyde mans word geklee in vroulike klere en hul hare word gedoen in die styl van die fiets sitplek ontwerp soos die vroulike ingewydes sin.

Rondom hul heupe dra hulle kralewerk gras hoepels gerangskik in die kleure van wit, rooi en swart of blou, gevolg deur pienk - ongeveer dieselfde kleur rangskikkings wat gedra word deur beide die geïnisieerde en getroude vroue. Na die inisiasie verwerp Ntwana mans alle tekens van androgynie en aanvaar streng afgebakende omgeskrewe sosiale rolle.

Translated by Wilma Koeppen