Nelson Mandela Spreek ’n Groep Vroue toe Gedurende hulle Betoging na die Uniegeboue om teen die Paswet te Protesteer

©Dr Peter Magubane
Nelson Mandela spreek ’n groep vroue toe gedurende hulle betoging na die Uniegeboue om teen die paswet te protesteer. Hierdie wet het alle Afrikane bo die ouderdom van 16-jaar forseer om ’n pasboek te dra - versuim om die wet na te kom kon arrestasie, tronkstraf of ’n boete veroorsaak.
Voor die 1950's het swart mans 'n pas benodig om in stedelike gebiede te wees, maar passe is slegs uitgereik aan diegene wat werk kon kry. Dit het die Apartheidsregering toegelaat om die toestroming van swart mans na die stede te beheer. As iemand sonder 'n pas gevang is, is hulle gearresteer, opgesluit of 'n boete gegee. Die paswet was een van die mees gehate apartheidswette. In 1952 het die regering vereis dat swart vroue ook passe moes dra, maar dit is aktief teengestaan.
Op 9 Augustus 1952 het meer as 20 000 vroue na die Uniegeboue in Pretoria gegaan om die Paswet teen te staan. Vroue van alle rasse en kulture het saamgekom om op te staan vir hulle regte en die regte van “nie-blankes”. Nelson Mandela het 'n groep vroue ontmoet wat deel was van die optog om met hulle te praat en sy ondersteuning te wys. Hierdie optog het die bekende gesegde "As jy 'n vrou slaan, slaan jy 'n rots!" opgelewer.

"So lank as wat armoede voortduur, kan daar geen ware vryheid wees nie." ~ Nelson Mandela

Mandela 100 - Mandela: A Man of Principle

’n Emosionele Brenda Fassie, die Suid-Afrikaanse pop diva, omhels Mandela....more

Mandela 100 - The Charm of Mandela

Nelson Mandela het in 1990 na sy vrylating uit die tronk na sy huis in Soweto teruggekeer. Nelson het groot geword in No. 8115 Vilakazistraa...more

Mandela 100 - The Fight for Freedom

Mandela was geliefd deur sy ondersteuners en 'n simbool van vryheid vir almal. Hy word dikwels gesien as 'n goddelike figuur in Suid-Afrika,...more

Mandela 100 - The Mandela Legacy

Mandela ontvang ’n eredoktorsgraad aan die Universiteit van Witwatersrand in Johannesburg....more