Needlefish
Naaldvis

© Johan Boshoff

Algemene Familienaam

Naaldvis

Alias

Houndfish; Halfbeaks; Langhans

Wetenskaplike Naam

Belonidae

Grootte

Tot 95 cm, gemiddeld 30 cm.

Identifikasie

Lang, sigaarvormige lywe met gepunte koppe. Lang kakebene met klein naald-agtige tande. Alle vinne is op die agterste helfte van die lyf. Geen stekels in vinne. Hulle is silwer-wit aan die onderkant en blou, swart of groen aan die bokant.

Algemene Inligting

Die Belonidae familie bestaan uit 10 genera en 34 spesies. Kom voor naby die oppervlakte van die oseaan. Kleur verseker goeie kamoeflering. Kan uit die water uitspring wanneer verskrik. Bokant van die bek bereik slegs volle lengte met volwassenheid. Het ‘n half-bek voorkoms. Pelagiese kuitvisse, eiers heg aan drywende voorwerpe.

Voeding

Leef van plankton as jong visse, en klein pelagiese visse en swemmende skaaldiere as volwassenes.

Verspreiding

Kom voor in alle gematigde en tropiese oseane van die wêreld.

Algemene Spesies

Tropical halfbeak - Tylosurus crocodilus