Mourvèdre

© Glenneis Kriel

Naam

Mourvèdre

Beskrywing

Mourvèdre is ’n donkerkleurige druif variëteit wat gebruik word vir die produksie van rooiwyn. DNA analise het aan die lig gebring dat Mourvèdre, Monastrell en Mataro dieselfde variëteit is. Die variëteite wat die druif voortgebring het, is onbekend. Die wyn is algemeen bekend onder die Franse benaming, Mourvèdre.

Oorsprong

Alhoewel Mourvèdre oorspronklik vanaf Spanje kom, het die Franse die wyn bekend gemaak met hulle Rynvallei versnitwyne. Hierdie variëteit soos soveel ander kry sy naam van die area waar dit geproduseer word, naamlik die Spaanse stede Mataro naby Barcelona en Murviedro naby Valencia.


Mourvèdre is in die 16de eeu na Frankryk versprei en was een van die gewildste variëteite in die Rynvallei tot die filloksera (wortelluis) plaag in die Middeleeue. Die meeste van die wingerdstokke is vervang met Grenache wat makliker op die filloksera bestande wortelstokke geënt is.


Mourvèdre het egter bly gedy in Bandol, ’n area in die suide van die Rynvallei. As gevolg van hierdie deel se sandgrond was die wingerdstokke minder vatbaar vir filloksera.

Ander Name

Die variëteit is ook bekend as Mataro, Balzac Noir, Damas Noir, Trinchiera and Monastrell.

Produksie in Suid-Afrika

Dit kom voor asof Mourvèdre eers in die laat 1980’s na Suid-Afrika gebring is. Professor Abraham Izak Perold het egter al sedert die 1920’s die variëteit se vermoë om goeie kwaliteit wyn voort te bring en die warm klimaatstoestande te weerstaan uitgewys.

Produksie Streke

Die Mourvèdre produksie area het sedert die 1990's grootliks toegeneem. Wynboere het al meer Mediterreense variëteite begin plant wat beter geskik is vir die warm klimaatstoestande. In 2016 was daar net meer as 470 hektaar van hierdie verskeidenheid in die land, wat ongeveer een persent van die totale oppervlakte rooiwyn druiwe verteenwoordig.

Alhoewel die variëteit in al die wynstreke geplant word, behalwe in die Noord Kaap, verteenwoordig die Swartland en Paarl meer as die helfte van die totale oppervlakte onder produksie.

Groei

Mourvèdre is ’n sterk groeier wat onder warm klimaatstoestande gedy. Dit het ’n hoë opbrengs potensiaal van 20 – 23 ton per hektaar.

Oestyd

Dit word mid-seisoen ryp, van die middel tot die einde van Maart.

Druiwekorrels

Mourvèdre het groot, ronde korrels met ’n taai dop en ferm, groen vleis. Die korrels word nie almal gelyk ryp nie en die gevolg is verskillende kleure trosse druiwe met die aanvangs van die oestyd.

Blare

Die ronde blare is donkergroen, mediumgroot en heel tot drielobbig.

Siektes en Plae

Mourvèdre is vatbaar vir witroes en donsskimmel.

Gebruik

In Suid Afrika word Mourvèdre gebruik as ’n enkel variëteitswyn of saam met Grenache en/of Shiraz vir ’n Rynvallei versnitwyn.

Smaak

Die variëteit het ’n prominente moerbei en swartbessie geur met ondertone van fennel, kaneel en speserye.Translated by Ananda Schoeman