Mountain Aloe
Bergaalwyn

© Roger de la Harpe
Mountain Aloe.

Naam

Bergaalwyn

Latynse naam

Aloe marlothii

Beskrywing

Die bergaalwyn is ’n baie hoë boom aalwyn met ’n enkele stam en vlesige, blougrys doringrige blare. Die blare het ook ’n gelerige, slymerige sap. Hierdie sap word al vir baie eeue gebruik om maagkwale te behandel. Die blomme word aan stewige stingels gedra en is min of meer buisvormig. Oranje blomme word in horisontale are vanaf Junie tot Augustus gedra. Die stam is ook met droë blare bedek. Die skerp dorings en bitter sap dien as beskerming teen plantvretende diere.

Habitat

Die bergaalwyn word in die Noordwes, Gauteng, KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Limpopo provinsies en ook in Swaziland, Zimbabwe, Botswana en Mosambiek gevind. Dit kan ook in die Kruger Nasionale Park gesien word.

Veld notas

Die bergaalwyn word net soos alle ander aalwyne deur die Zoeloes as geneesmiddel gebruik. Die blaar en wortel konkoksies help teen rondewurms en ander kulture gebruik dit vir maagkwale en perdesiekte.