Minimum Bewerking

© Francois Viljoen Wineland
Minimum tillage results in a larger development of soil microbes in the undisturbed sub-layers of the soil than in a vineyard where vineyard rows have been cleaned. Here, cover crops are planted to reduce moisture loss and increase organic matter in the soil.

Oor die jare is daar meer beweeg na minimum bewerking van die grond in die wingerd om nie die struktuur van die grond met groot implemente te versteur nie. Dit kan behels dat die vol oppervlakte van dekgewasse net voor bot doodgespuit en platgesleep word.

Dekgewasse kan ook net op die bankie doodgespuit word en dié in die ry platgesleep word. Minimum-bewerking kan ook beteken dat geen meganiese bewerking van die grond onder en tussen die wingerd gedoen word nie, of dat slegs ’n bossiekapper gebruik word om die onkruid te beheer.

Chemiese onkruidbeheer kan gebruik word om die meganiese beheer van onkruid of dekgewasse te vervang. ‘n Studie het gevind dat minimum-bewerking ‘n groter ontwikkeling van grondmikrobes tot gevolg het in die onversteurde sublae van die grond as in wingerd waar wingerdrye skoongemaak is.

Daar is ook gevind dat die gebruik van onkruiddoders ‘n harde digte oppervlakkors gevorm het en ‘n nadelige invloed op grondfungi het.

Translated by Marinda Louw