Martial Eagle
Breëkoparend

© Shem Compion
Martial Eagle.

Naam

Breëkoparend

Voorkoms

Hulle is die grootste van die Afrika-arende en ongelooflik kragtig, in staat om 'n volwasse man van sy voete af te stamp. Hulle het na bewering genoeg krag in een poot om 'n man se arm te breek. As die grootste arend in Afrika, weeg die Breëkoparend byna 14 pond (6,5 Kg.) Dit het 'n vlerkspan van ongeveer 6 voet 4 duim en is 32 duim lank. Die bokant is donkerbruin met 'n wit maag met swart strepe. Die bene is wit met baie groot kloue. Die onvolwasse voël lyk heel anders as die volwassene.

Dieet

In sommige gebiede vorm voëls 'n belangrike deel van die dieet, insluitende tarentale, fisante, poue en pluimvee. Voëls wat so groot soos 'n Europese ooievaar is, is ook al aangeteken as 'n prooi van die breëkoparend. In ander gebiede is die dieet hoofsaaklik soogdiere, veral dassies en klein bokkies. Rooiboklammers, 'n paar ape, soms ook jong boerbokkies, en –lammers is al gevang. Karnivore soos muishonde word soms gevang, selfs soms tierboskatte en jakkalse, asook 'n paar slange en groot akkedisse. Hulle sal blykbaar vreet wat beskikbaar is, met ‘n voorliefde vir wilde voëls, dassies en pluimvee. Dis nie bekend dat hulle karkasse vreet nie, behalwe miskien dooie lammers.

Voortplanting

Neste word altyd in bome gebou, op enige hoogte van 20 tot 80 voet bo die grond, maar dikwels in die grootste boom in die gebied, wat op 'n steil heuwel of in 'n kloof groei, waar die voël 'n onbelemmerde opstyg/landing en uitsig vanaf die nes kan hê. Pare het een of twee neste wat in alternatiewe jare gebruik word as dit deur meer as een paar gebruik word, maar vir opeenvolgende broeipogings word slegs een nes gebruik. Neste is groot strukture van vier tot ses voet in deursnee en tot vier voet dik. Hulle is dikwels wasbak-vormig wat hulle baie breër maak as wat hulle diep is. Hulle is gebou van groot stokke van tot een-en-'n-half duim in deursnee en gevoer met groen blare. Hulle kan vir baie jare deur 'n opeenvolging van voëls gebruik word. Die broeiseisoen kan dus in verskillende dele van die area begin in 'n nat seisoen, die vroeë droë seisoen of laat in die droë seisoen, tot 'n gedeelte van die siklus wat selfs deur reënperiodes strek. Wyfies broei gewoonlik, maar dis ook al aangeteken dat 'n mannetjie dit doen. Die wyfie verlaat die nes om te voed en word nie gewoonlik deur die mannetjie op die nes gevoer nie.

Die broeitydperk is waarskynlik sowat 45 dae. Die kuiken is baie swak wanneer dit aanvanklik uitbroei, maar word na omtrent twintig dae meer aktief. Teen 32 dae begin vere deur die dons steek en op 70 dae het die voëltjie al sy vere. Die kuikens word deur die ouer gevoed totdat hulle ongeveer 60 dae oud en goed geveer is, waarna hulle hul kos self begin verskeur. Solank die kleintjies vere kry, bly die wyfie naby of op die nes, en die mannetjie jag en bring kos. Die wyfie bly in die omgewing en kry vir sowat 50 dae kos van die mannetjie. Daarna jag sy self of bring kos na die nes en die mannetjie verskyn selde. Vir die eerste paar dae van sy lewe bly die kuiken in die nes en die wyfie broei daarop, maar na veertien broei die wyfie slegs snags. Die jong voël kan na sy eerste vlug (op ongeveer 100 dae) terugkeer om nog 'n paar dae in die nes te slaap, maar sal daarna wegbeweeg. Dit bly 'n geruime tyd lank aan die nesplek gebonde, en mag nog tot ses maande later nie ver daarvandaan opgemerk word nie.

Gedrag

Hierdie grootste arend in Afrika is 'n voël wat in die onbewoonde doringbos streek en savanne van die hele Afrika voorkom, asook in oop vlaktes en halfwoestynlande. Breëkoparende spandeer gemiddeld 85% van hul tyd op hul rusplekke en begin hoofsaaklik in die laat oggend (10:00) sweef. Hierdie gedrag neem skerp af vanaf ongeveer 15:00 en word grootliks deur die beskikbaarheid van termiese lugstrome bepaal. Breëkoparende jag dus ook oorwegend opportunisties vanaf hul rusplekke of deur middel van hinderlae.

Breëkoparende sal ure lank sweef sonder om te jag en met 'n vol krop, maar hulle jag ook oorwegend vanuit die sweef, deur skielik met groot spoed neer te duik en aan te val, of deur saggies neer te daal in 'n opening in die bos. Die spoed van die neerdaal word beheer deur die hoek waarteen die vlerke bokant die rug gehou word. Die breëkoparend kan van sy rusplek af aanval, maar doen dit selde, en die meeste van sy prooi word verras deur die spoed van die aanval van ver af.

'n Paar breëkoparende se tuisgebied is ongeveer 50 vierkante kilometer, maar hulle dwaal ook maklik ver daarby verby. Hulle jag gereeld vir 'n paar dae lank net in een gebied en beweeg dan na 'n ander, soos bevestig deur is deur klagtes oor diere wat hulle gejag het wat dikwels vir 'n paar dae agtereenvolgens uit dieselfde gebied aangemeld word. Hulle is baie meer sku as die ander groot arende van Afrika, en hou gewoonlik van die mens af weg. Alhoewel hulle nie in die streng sin migreer nie, beweeg hulle plaaslik rond deur vlugte van honderde myl en 'n broeipaar word nie gewoonlik naby hul broeiplek gevind nie. Gewoonlik jag hulle wilde voëls en klein soogdiere in die natuur, maar soms ook die mens se vee, alhoewel dit beslis baie minder gebeur as wat dikwels beweer word. In perspektief gesien is dit waarskynik ‘n voordelige voël vir die mens.

Waar hulle voorkom

Die breëkoparend kom voor in die savanne- en doringbos gebiede van Afrika suid van die Sahara, vanaf Senegal na Somalië en suid na die Kaap. Hulle word ook in die oop vlaktes en semi-woestyn aangetref, maar nie in bosgebiede nie, hoewel hulle soms in woude aangrensend aan vlaktes broei.

Latynse naam

Polemaetus bellicosus