Mapungubwe op die Oewers van die Limpoporivier

Stropershoek

©Roger de la Harpe

Dit is 'n stuk pad wat gelykvlakking langs die oewer van die Limpopo loop. Dit was op ’n tyd gebruik om die swaar verdedigde grens tussen Suid-Afrika en Zimbabwe te patrolleer en is 'n testament van die nare bosoorlog wat aan beide kante van die rivier gewoed het. Dit was voorheen 'n gunsteling kruising vir stropers wat onwettige in Zimbabwe wou gaan jag.

Vandag is dit veel rustiger en die gebied het ’n lomerige gevoel. Verskeie ou militêre geboue verkrummel stadig in die grond in, en plaaslike Zimbabwiese vissers uit nabygeleë dorpe loop gereeld na die water om die vangs van die dag te kry. 'n Klein hek in die grensheining gee jou die enigste geleentheid om na die rand van die Limpoporivier te stap, waar jy vir die vissers kan waai en die pragtige toneel kan inneem. Dit is asemrowend. Moet net nie swem nie, anders word jy ’n onwettige immigrant in Zimbabwe.

Translated by Nina Joubert