Manta Ray

© Johan Boshoff

Gewone Familienaam

Manta ray

Ander in Familie

Manta; Atlantic Manta; Pacific Manta

Wetenskaplike Naam

Manta birostris

Grootte

Tot 7 m

Identifikasie

Groot Skyfvormige liggaam met driehoekige vlerke. Mond aan die voorkant. Daar is twee Manta spesies. ‘n Kleiner een wat gevind word op die riwwe en ‘n groter een wat migrerend is (M. birostris). ‘n Bedreigde spesies. Hulle het plat tande, maar eet nie daarmee nie. Word aangetref op riwwe waar hulle skoongemaak word deur verskeie soorte vis soos wrasse en jong engelvisse. Is nuuskierig en sal nader gaan aan bote wat stil lê. Vivipaar. Twee tot 4 kleintjies word gebore.

Voeding

Filter voeders. Voedsel sluit in plankton en vislarwes.

Verspreiding

Kom voor in alle gematigde en tropiese oseane van die wêreld.

Algemene Spesies

Rif manta
Manta alfredi
Reuse manta
Manta birostris