LM Berea Grass
Natalkweek

© Strohbach

Naam

Natalkweek ook bekend as Natal-hoenderspoor of LM-gras

Latynse naam

Dactyloctenium australe

Beskrywing

Natalkweek is ’n kruipende meerjarige gras wat in die skaduwee floreer en is die gewildste grasperk soort in Suid Afrikaanse tuine. Die bloeiwyse het 2 of 3 are by die punt. Die blare is donkergroen en blink met yl verspreide hare op die blaarrand.

Gebruike

Dit word geplant om sand in die binneland en ook aan die kus te stabiliseer. Natalkweek is smaaklik en word goed deur diere gebruik, alhoewel dit nie baie blaarryk is nie. Dit is bekend en veral gewild as ’n immergroen grasperk in tuine.

Habitat

Onder natuurlike toestande groei Natalkweek in savanne gebiede, gewoonlik in die skaduwee in sanderige grond. Dit word wydverspreid in Suid Afrika aangetref - in tuine en in die veld.

Blomme

Januarie tot Mei

Notas

LM-gras is waarskynlik vernoem na die die hoofstad van Mosambiek, die koloniale naam Lorenzo Marques, aangesien dit oral in hierdie land voorkom. Dit het nou ’n aantal ander name afhangende van die streek, maar die meer algemene kommersiële naam is “Berea Grass”.