Leopard Orchid
Luiperdorgidee

Naam

Luiperdorgidee

Latynse naam

Ansellia africana

Beskrywing

Die luiperdorgidee is ’n epifitiese orgidee met die wortels geanker op die tak van ’n boom, dikwels in volle sonlig. Geurige geel blomme, soms met bruin vlekke, kom in Augustus tot September te voorskyn.

Habitat

Die luiperdorgidee word in die warm, droë riviervalleie van Suid Afrika in die Limpopo en Mpumalanga provinsies, die Kruger Nasionale Park en KwaZulu-Natal gevind. Elders in Afrika word dit in die tropiese gebiede van Noord Namibië, Botswana en Swaziland gevind.

Veld notas

Motte soos die “hawk moth” eet die geurige blomme snags en die wortels is spesifiek aangepas vir die luiperdorgidee se oorlewing as ’n epifiet. Die luiperdorgidee word gebruik as ’n liefdesamulet, om slegte drome teë te werk en om weerlig by huise af te weer. Dit is ook baie in aanvraag as ’n tuinplant.