Leiding vir Nuwe Konynboere

© Judy Stuart

Konyne is nie soos enige ander geteelde dier nie. Hulle het basiese vereiste eie aan hulle en indien hulle nie reg hanteer word op alle vlakke nie sal die konynboerdery misluk.
Dit is baie belangrik dat nuwe konynboere leiding ontvang oor hoe om enige probleme wat dalk kan opduik te hanteer en om van die begin af ’n begrip te hê van die behoeftes van konyne.
Daar is basiese konynteelkursusse in Suid-Afrika en dit is ’n goeie idee om inligting beskikbaar te hê voor u met konyntelery begin. Hoe meer diere u beplan om in u eenheid te hê, hoe belangriker is dit om iemand te hê wat u kan bel as dinge skeefloop.
Die ideaal is dat as daar verskeie families in ’n gemeenskap is wat met konyne boer, dan moet een lid van daardie gemeenskap as die “mentor” aangestel word en daardie persoon moet ’n konynteelkursus bywoon.

Translated by Nina Joubert