Kunsmatige Inseminasie van Varke

©Glenneis Kriel
Keeping a boar for breeding can be expensive and increase the risk of diseases.
In teenstelling met paring waar ‘n beer fisies tussen sôe geplaas word, behels kunsmatige inseminasie die inseminasie van sôe met semen van ‘n beer wat waarskynlik nie eens op die plaas is nie.
Die prosedure laat ‘n produsent toe om baie beter bere te gebruik as wat andersins moontlik sou wees, en daardeur die risiko’s verbonde aan natuurlike paring aansienlik te verminder, soos siektes wat van bere na sôe oorgedra word of andersom, en die oorbenutting van bere wat die lewensvatbaarheid van semen mag verlaag. Om die waarheid te sê, lewensvatbaarheid van semen kan getoets word voordat dit gebruik word vir kunsmatige inseminasie.
Afgesien hiervan, is kunsmatige inseminasie relatief goedkoper as die koste verbonde aan die aanhou en voer van ‘n topklas beer op die plaas met ‘n aansienlike vermindering van die risiko van inteling aangesien daar ‘n groter genetiese poel bestaan waaruit gekies kan word. Dit maak dit ook moontlik dat ‘n aansienlike aantal sôe binne ‘n kort tydperk dragtig gemaak kan word sodat die produsent beter beheer het oor paringsdatums en die gevolglike beskikbaarheid van aanteel.

Tekens van Hitte

©Glenneis Kriel
Keeping a Boar in the vicinity of a Sow during artificial insemination will help to ease the process.
Boere kan semen aankoop of insamel van bere op die plaas. Die semen is lewend en moet dus met sorg hanteer word. Dit moet by 16 tot 18 grade Celsius gehou word vanaf insameling tot inseminasie omdat lewensvatbaarheid buite hierdie temperature sal verminder.
Vir die beste resultate en om hanteringstres te verminder behoort kunsmatige inseminasie deur opgeleide personeel gedoen te word. Die eerste stap is om te bepaal of die sog gereed is om geïnsemineer te word. Na spening kan sôe vir ‘n halfuur elke dag by ‘n beer geplaas te word en sodra sy bereid is om te staan vir die beer, is sy gereed vir inseminasie.
Die meeste boere gebruik ‘n koggelbeer of feromone om te bepaal of sôe op hitte is. Volgens Danie Visser se boek, Modern Pig Production, is tekens van hitte by ‘n sog ore wat orent staan, ‘n rooi en geswolle vulva, ‘n waterige uitskeiding vanuit die vulva en die sog wat doodstil staan wanneer daar op haar rug gedruk word, terwyl sy normaalweg sou weghardloop. Sy sal toenemend geïnteresseerd in die beer wees en ander sôe bestyg. Hitte duur gewoonlik vir 36 tot 72 uur.

Inseminasieproses

©Glenneis Kriel
The catheter should be left in the sow for another five minutes after insemination.
Dit help om ‘n beer in die nabyheid van die sog te hê tydens die inseminasieproses. Volgens die Iowa Pork Industry Centre sal dit ‘n sterk estrusreaksie tot gevolg hê en help met die inseminasieproses deurdat dit veroorsaak dat die sog die semen optrek in die voortplantingskanaal en daardeur terugvloei minimaliseer.

Modern Pig Production doen aan die hand dat boere eers alle vullis moet afvee, en daarna die vulva met ‘n droë papierhanddoek moet skoonmaak. Maak die vulvalippe oop met die linkerhand en steek versigtig die kateter met die regterhand in sodat dit teen 45 grade na bo wys om die blaas te vermy. Daarna moet die kateter versigtig dieper in die voortplantingskanaal beweeg word totdat ‘n ferm weerstand gevoel word. Sommige kateters moet kloksgewys gedraai word om seker te maak hulle eindig in die serviks.

Sodra die semen aan die kateter gekoppel is, behoort dit maklik te vloei tot in die serviks, tensy dit nodig is om eers die semenbottel te druk voordat dit begin vloei. Weerstand mag te wyte wees aan ‘n peristaltiese beweging in die uterus en dan moet daar net geduldig gewag word totdat dit verby is. Die proses duur gewoonlik twee tot drie minute, maar mag ‘n bietjie langer duur.
Die kateter moet in die sog bly vir vyf minute na die inseminasie sodat servikale stimulasie en uteriene kontraksies voortduur om maksimale semen opname te verseker. Teen die einde van die inseminasie moet die kateter toegedruk en gebind word en deur die gat aan die einde van die plat pak gedruk word om die terugvloei van semen te verhoed.
Die tyd, insemineerder en die kwaliteit van die inseminasie moet alles aangeteken word sodat die effektiwiteit van die diens later geanaliseer kan word. Enige abnormaliteite soos vaginale bloeding moet ook aangeteken word.
‘n Sog moet slegs ‘n tweede keer geïnsemineer word as sy steeds op “staande” hitte is.

Translated by Elna Van Rhyn